Beesboer skuldig aan dieremishandeling

Foto: DBV

Foto: Verskaf

ʼn Boer van Koster in Noordwes is skuldig bevind aan dieremishandeling nadat die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (DBV) verskeie klagtes teen hom aanhangig gemaak het.

Rasie de Jager is met R2 000 beboet en het nou ʼn kriminele rekord. Dit kom nadat daar reeds sedert 2013 verskeie aanklagte in terme van die Dierebeskermingswet teen hom aanhangig gemaak is. Burt Coetzee, senior inspekteur by die DBV, het gesê verskeie inspeksies is op De Jager se plaas gedoen.

Tydens die eerste besoek is gevind dat beeste tot by hul enkels in modder moes staan en sommiges het gesukkel het om te loop. Daaropvolgende inspeksies het getoon dat van die beeste beeste ruggraatbeserings opgedoen het nadat hulle in ʼn wa wat vir kalfies bedoel is, vervoer is. Geen veterinêre behandeling is aan die beseerde beeste gegee nie.

Tydens een besoek is daar ook ʼn koei sonder ʼn oog gevind. Die oogholte was met maaiers besmet omdat die dier geen veterinêre behandeling ontvang het nie.

De Jager is gewaarsku en moes voldoende skuiling vir die beeste oprig, veearts-behandeling vir beseerde diere kry en koeie wat gesukkel het om te loop, in isolasie hou totdat ʼn veearts die diere kon ondersoek. Hy het egter nie aan hierdie voorwaardes voldoen nie.

“Die welstand van diere is noodsaaklik en moet ernstig opgeneem word. Niemand is hiervan vrygestel nie,” het Coetzee gesê. “Dit is die diere wat ly en daar is geen verskoning hiervoor nie. Ons waardeer dit altyd wanneer mense sulke kwessies aan ons rapporteer. Dit is onaanvaarbaar én onwettig om diere op hierdie ongevoelige en nalatige manier te behandel.”

Coetzee het verder gesê verspreiders en produseerders moet bewus wees van waar produkte kom, omdat hulle ook ʼn verantwoordelikheid teenoor die publiek het wat ʼn reg het om te weet waar hul kosprodukte vandaan kom.

WAARSKUWING: Die onderstaande foto’s kan sensitiewe lesers ontstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Anke ·

Hierdie ou is nie die naam “boer” werd nie. ‘n Boer is iemand wat n liefde vir die natuur en al haar kinders en dit sluit beeste in , het. Dis n skande . Gin wonder die klomp anderskleurige dink “boere” is geweldenaar en slawedrywers nie. Hiedie is nou n mooi voorbeeld van so iets. Hulle moet dalk sy plaas gaan ontei, dalk sal hy dan wakker skrik .

peet ·

Hoe kan jy hom n boer noem hy is n skande vir die boere gemeenskap, noem hom eerder Barbaar soos Irene.

Elize ·

Hoekom hou die barbaar dan diere aan!! Dit kom al van 2013 af, en net R2000 boete en kriminele rekord. Kan maroela ons asb laatweet, is die beeste nogsteeds op die UITERS SWAK “bees boer” se plaas? Volgens die berig was inspeksies, hoekom het die DBV nie toe al die beeste verwyder nie. Die “bees boer” het seker die R2000 met n smile betaal. Hul moes hom met R20 000 of meer beboet het. Ons regstelsel laat al die gehoorsame landsburgers in die steek.

Mariné Lourens ·

Dagsê Elize. Volgens die DBV moes drie van die beeste ongelukkig van kant gemaak word en die res het veterinêre behandeling ontvang. Die DBV het reeds ‘n opvolg-inspeksie op die plaas gedoen en hulle het gesê die omstandighede het baie verbeter. Hulle sal voortgaan om in die toekoms inspeksies op die plaas te doen. Groete, Mariné namens Maroela Media

Johan ·

ek dink maar net dat almal hier wat slegte kommentaar lewer eerder eers al die feite kry. 2013 was een van die droogste jare wat ekself beleef het. 2013 was daar nie veld nie, en ook GEEN voer, van enige aard te koop nie. 2014 was ‘n klein bietjie beter, en hierdie jaar is die plaas gronddamme nogsteeds droog, maar die veld lyk beter. dink mens sal dit kan maak sonder om te voer. Die mielie oeste is n ramp reg deur die land, so ‘n mens sal seer sekerlik hierdie jaar kan reste, kopmeel ens te koop kan kry.
So, al wat ek eintlik wil se, dis vreeslik maklik om te oordeel, hoekom het niemand hom gaan help nie? Wie van julle het vir die persoon medisyne gevat, of voer, of raad aangebied. Almal is altyd vinnig om kommentaar te lewer, maar vanaf 2013 was dit gladnie so maklik om te boer nie, en skaam julle om uitlating te maak soos “barbaar” en so. Moenie bevooroordeeldt wees nie. Gaan na die persoon toe, en vra hom wat het gebeur. Jy mag dalk ontnugter word.

Delia ·

En hy noem homself ‘n boer? Neem al sy diere weg en verbied hom om ooit weer beeste aan te hou!

Delia ·

En hy het die vermetelheid om homself ‘n boer te noem? Neem al sy diere weg en verbied hom om ooit weer beeste aan te hou!

ladybug ·

Geen boer wat ek ken of wat die naam “boer” werd is sal soiets aan diere doen nie! So hierdie vent is nie ‘n boer nie, hy is ‘n barbaar!

scalla ·

Doen dieselfde met die kastige boer, jy is nie n boer se dinges werd nie

Gerhard Bezuidenhout ·

Ek as boer skud net my kop in afkeuring . Mense wat nie vir diere kan sorg nie moet nie toegeklaat word om te boer nie . Die vraag wat ek egter vra is hoekom die man nou n misdaadrekord het maar die minister van Noord Wes wat haar varke verwaardeloos het se rekord is skoon . Wat is die verskil.

CHRISTA ·

Sy is ‘n lid van die ANC. Hulle kom met als weg – selfs moord!! Ek stem egter saam – R2000 boete is nie voldoende nie. Hy moet ten minste R2000 per jaar vir die volgende 5 jaar as boete aan die DBV betaal. Dit sal hulle ook help met befondsing.

Elfie ·

Christa – NOU praat jy! Ek hou van ‘n jaarliske boete aan die DBV! Hulle sukkel juis so!

Neptunus ·

“Skande DBV”… wat probeer jy nou eintlik kwytraak? Die DBV het nie die boete opgelê nie, ou grootmond. Die berig lees die man is skuldig bevind, lees bietjie tussen die lyne, dan sal jy besef die man is deur ‘n HOF die boete opgelê. Burt Coetzee is iemand wat sy werk baie beter doen as wat jy ooit sal kan spel… “pyn en leiding”, regtig? Ja, die R2000 boete is heeltemal te lig, maar dis nie die DBV se skuld nie – hoekom gaan kla jy nie by die NVG of Landdrostekommissie daaroor nie?

erica roos ·

Dit walg my om dit te lees, het juis die berig in ons plaaslike koerant gelees maar daar was nie fotos. Dis ‘n skande dat hy ‘n boer is, ek hoop net nie ek het ooit van sy melk gedrink wat hy verkoop het dalk nie en sal hom ook nooit verder ondersteun as ek het. Dis reg as hy eerder ‘n boete elke jaar aan die DBV moes betaal het. , of nog beter daar gaan werk het vir sy straf dan glo ek sou hy dalk besef het diere het harte en gevoelens soos mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.