Bejaarde glo met hamer doodgeslaan

Argieffoto

Argieffoto

Stefanus Salmon (Fanie) Wehmeyer, ʼn inwoner van Kempton Park in Gauteng is Dinsdag, skaars vier maande ná sy 90ste verjaardag, glo met ʼn hamer tydens ʼn huisbraak doodgeslaan.

Fanie se seun, Lex, het omstreeks 15:00 op sy pa se bebloede liggaam in die toilethokkie van sy huis se buitekamer afgekom.

Lex se seun, Imile, het Woensdag aan Maroela Media gesê sy pa woon saam met sy oupa om na hom om te sien. “My pa het die middag by die huis gekom en gesien die huis is deurmekaar,” het Imile gesê. “Hy het onraad vermoed en dadelik na my oupa begin soek. Die agterdeur het oopgestaan. My pa het verder gesoek en gesien my oupa se voete steek by die toilet se deur uit.”

Wehmeyer is in ʼn fetusposisie in ʼn plas bloed aangetref. Hy was vasgebind aan die toilet se voetstuk. ʼn Hamer het langs sy liggaam gelê.

Volgens Imile word sy pa se skootrekenaar, ʼn kredietkaart en ander klein voorwerpe vermis. Die aanvallers het ook probeer om ʼn kluis oop te breek, maar was onsuksesvol.

Kapt. Jethro Mtshali, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die polisie ondersoek ʼn saak van moord en huisbraak.

“Ons weet nie hoeveel aanvallers by die voorval betrokke was nie, en niemand is nog in hegtenis geneem nie,” het hy gesê. “Hy is moontlik dood weens kopbeserings. ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om te bepaal of die hamer die moordwapen is.”

Fanie is twee maande gelede deur twee mans aangeval terwyl hy besig was om in die tuin te werk. Die verdagtes het hom erg aangerand en gewurg. Hulle wou toegang tot die huis bekom, maar is verhinder. Hulle is weg sonder om iets te buit.

Die polisie ondersoek die moontlikheid of die twee voorvalle aan mekaar verbind kan word.

Mtshali het enigiemand met inligting versoek om die ondersoekbeampte, ao. Robert Motsai, by  072 444 1642 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

PURE BOER ·

Agnee,,, hel dit maak my so die d()ner in om elke keer sulke nuus te lees. Wanneer sal dit tot n end kom?
Die bejarde het geen gevaar gestel vir niemand. Vang hulle en slaan hulle met dieselfde hamer.
Oog vir n oog.

Deon Delport ·

Dit is hartseer dat n 90 jarige of enige ander persoon op so n wrede manier moet sterf Ek het oom Fanie baie goed geken en was n vredeliewende en gerespekteerde persoon onder sy familie en vriende. Ek hoop van harte dat die skuldiges
gevang en swaar gestraf sal word. Ek salueer jou oom Fanie vir die voorbeeld wat jy vir my en andere gestel het.

Anna-Marie van Rooyen ·

Ek wil net almal bedank vir hulle hulp en ondersteuning in hierdie moeilike tyd vir die familie.

anet ·

Dit maak my so woedend,hoekom so ou mens doodmaak? Hoeveel jare het hy nog oor gehad om te leef? maar nee hy moes dood, sodat die mense wat te lui is om te werk kan roof en steel, en op ander teer. Hulle is hartelose monsters.

Mag hierdie verskeurde familie troos en berusting vind. Ek bid vir julle vir Krag en Vrede

tony heckroodt ·

Kann ons as afrikaaneers nie op staan en die selfde aan hulle doen. Maar nee ons is te slapgat

Anton ·

wat gaan die polisie doen,hulle voel n niks net nog n moord

CP ·

Enige dom aap kan mos sien dat die 2 gevalle met mekaar te doen het. Wat hulle gesteel het was n bysaak hulle wou net nog n wit oumens martel eb vermoor. Hulle is lafhard kan. Hoekom nie n sterk 30 jarige man se huis probeer O nee want dan mag hulle strot dalk net afgetrap word.

Gert van Zyl ·

Barbaars…. Erger as Wilde diere… Die gemors van die samelewing en wetteloos. Stem saam met Deon Delport, wat n gentleman was Oom Fanie nie, saggeaard en gerespekteerd deur almal. RIP Oom Fanie

Sean ·

Ons sal dit nie aan hulle kan doen nie want dis nie hoe ons is nie.

Lazelle De Caires ·

Ons is diep geskok oor die brutale moord op Oom Fanie,dit was so onnodig,n onskuldige en sag geaarde oom. My meegevoel gaan aan my ma Emily sy suster,Tannie Anna, Oom Gert, ook aan Wilhelm en Alex en hul familie. Ons dink aan julle.

Barbara ·

Dear Lex and family so very sorry to hear about your dads brutal death may he rest in peace now. We will be praying for you and your family love Barbara and Tammy

Lex Wehmeyer ·

Baie dankie aan almal vir die mooi woorde van bemoediging en troos – Dit is nie moontlik om in woorde die toneel te beskryf toe ek my Pa met sy hande vasgebind en kleefband om sy nek vasgemaak aan die voetstuk van die toilet se basis te ontdek nie. n Negentigjarige kind van die Here, opgefrommel in n klein buitetoilet. Heeltemal gestroop van sy menswaardigheid. Totaal onmenslik. Sy arme ou liggaam so beseer Die impak van dit wat ek daardie bose dag ervaar het, begin my nou eers tref. Nogmaals dankie vir julle ondersteuning. Groete, Lex Wehmeyer

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.