Bhanas moontlik landuit; balju kom voor dooiemansdeur

Gideon du Plessis, hoofsekretaris van  Solidariteit Foto: Reint Dykema

Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit Foto: Reint Dykema

Die vakbond Solidariteit sê hy het uit goeie bron verneem dat die Bhana-familie, wat midde die Aurora-debakel is en teen wie die hof ʼn eis van R15,5 miljoen ingestel het, moontlik landuit gevlug het.

Die balju sou vandag op die Bhanas (Solly, Fazel en andere) se bates beslag gelê het, maar het voor dooiemansdeur gekom. Volgens Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, was die Bhanas se huis reeds ontruim toe die balju vandag daar opdaag om op hul bates beslag te lê. Daar was ook geen teken van enige van die Bhana-familielede nie. Die opsigter van die gebou waar die Bhanas gewoon het, het intussen te kenne gegee dat die Bhana-familie reeds twee maande gelede verhuis het.

“Solidariteit doen ʼn dringende beroep op die likwidateurs van Aurora Empowerment Systems om die Bhana-familie so spoedig moontlik op te spoor. Daarby eis ons ʼn ondersoek na bewerings dat die Bhanas vervalsde identiteitsdokumente gebruik het om sake mee te doen,” sê Du Plessis.

Du Plessis meen die Bhanas se optrede spreek boekdele vir hul ingesteldheid teenoor die voormalige Aurora-werknemers en hul medemens in die algemeen. “Dit is verder ook ’n aanduiding van hul minagting van die regsproses en diegene wat geregtigheid wil laat seëvier.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pietsnot ·

Eerste paragraaf: “Bhana-familie… teen wie die hof ʼn eis van R15,5 miljoen ingestel het” – dis effe verwarrend. Normaalweg stel ‘n hof nie ‘n eis in nie; ‘n eiser (of likwidateur ens) doen dit.
‘n Hof sal wel ‘n bevel gee, bv dat “die Bhanas R15.5m aan Aurora se likwidateurs moet betaal”, of so-iets.

Griet ·

Moet seker lees ““Bhana-familie.… teen wie die hof ʼn eis van R15,5 miljoen toegestaan het”?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.