Bloem-skoolhof ontslaan oor ou vlag, Malema en ape

ou SA-vlagDie skoolhoof van Laerskool Wilgehof in Bloemfontein waar ʼn ou landsvlag en foto’s van ape en Julius Malema in ʼn klaskamer vertoon is, is ontslaan, het Beeld Woensdag berig.

Fanie Roeloffze is Dinsdag ontslaan nadat hy tydens ʼn tugverhoor van die Vrystaatse onderwysdepartement skuldig bevind is dat hy nie opgetree het teen die vertoon van die vlag en foto’s in die klaskamer nie.

Marius van Rensburg, sy verteenwoordiger, het gesê hulle sal teen die besluit appelleer. Hy het gesê die bevinding is ʼn skok, omdat ligter strawwe aan onderwysers gegee word wat ernstiger oortredings begaan.

Twee onderwysers is reeds weens die voorval ontslaan.

Klik hier om meer berigte oor die voorval te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

carel ·

Is die vlag en foto’s in n geskiedenis klas vertoon? – indien wel behoord dit mos nie n probleem te wees nie – dit is mos deel van ons geskiedenis en ook huidige stand?

Daar is mos n apartheid museum? Al word net eenkant van die geskiedenis daar uitgebeeld – hy bestaan al het die anderkant mense vermoor…..nee mense die hoof moet die ding teenstaan – as dit wel nie n geskiedenis klaskamer was nie het hy dalk n probleem..

MartinLJ ·

Darem maar ‘n mooi vlag. Jy voel trots op jou land wanneer jy dit sien

Pierre B. de Villiers ·

Ek staan by my woord, dat Steve Hofmeyr besig is met `n gevaarlike regse speletjie. Hy is `n bedreiging vir ons demokrasie! Sekere mense soek `n Afrikaner Leier; dus kyk hulle op na Steve! Sy draad moet geknip word.

Nou ja ·

Nee wat ou pierre b de villiers…….die saak loop al lank……..Steve vul net n leemte omdat ons nie saamstaan nie………..
Die enigste bedreiging vir demokrasie is om n blinde oog te draai

Alrina Brits ·

Dit maak my heeltemal suur!!!
NOG n bekwame onderwyser uit die sisteem!!
Hoekom? Hipersensitiwiteit.
Laat ek eerder swyg – anders is ek my pos ook kwyt.

Derick ·

Pierre…. Ons het al lankal daai fight verloor – wag eerder vir ‘n pie in the sky, jy sal hom dalk eendag kry. Baie naief om te glo dat daar ooit ‘n demokrasie hier sal wees. Defnitief nie wat hulle wil he nie – wag om te hoor hoe jy die gaan verander.
Verwysing – Die geskiedenis van die Boere volk – JY KAN NIE MET HULLE ONDERHANDEL NIE
Vra maar vir ou Piet Retief.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.