Boer dood en broer ernstig beseer in KZN-plaasaanval

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn 56-jarige boer is dood en sy 54-jarige broer is ernstig beseer toe hulle Dinsdagaand op hul plaas in KwaZulu-Natal deur gewapende rowers oorval is.

Kol. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die broers is omstreeks 19:00 op hul plaas in die Nyoni-omgewing, suid van Eshowe, oorval. “Drie verdagtes met aanvalswapens het op die twee broers geskiet. Dit is nie in hierdie stadium duidelik of die broers op die plaas besig was of net tuis gekom het toe hulle oorval is nie,” het Naicker gesê.

Die ouer man is op die toneel dood, terwyl sy broer na ʼn hospitaal gehaas is. Een van die broers se vrou was ten tyde van die voorval in die huis, het Naicker gesê.

“In hierdie stadium wil dit voorkom asof twee vuurwapens gesteel is, maar dit is nog nie duidelik nie omdat polisie nog nie ʼn verklaring by die oorlewende slagoffer kon afneem nie.”

ʼn Saak van moord, poging tot moord en gewapende roof word ondersoek. Naicker het gesê die provinsiale kommissaris, lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, het die verdagtes aangeraai om hulself aan die gereg oor te gee, aangesien die polisie alles in hul vermoë sal doen om hulle vas te trek en aan die pen te laat ry.

Die name van die slagoffers is aan Maroela Media bekend, maar kan nie bekendgemaak word totdat al hul naasbestaandes van die voorval ingelig is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

anet ·

My hart gaan uit na hierdie twee broers se familie. Ek word verskriklik hartseer as ek van hierdie moorde hoor. lt.genl. Ngobeni dankie ook dat jy hierdie stelling neem dat jy hulle sal vas trek. Dit is goed om hierdie woorde te hoor en die versekering te kry dat geregtigheid sal geskied.

Vrede en berusting aan al die familie wat geraak word deur hierdie tragedie. Ek bid vir julle vertroosting in hierdie hartseer tyd.

Johann Coetzee ·

Dis net lippe-diens, moet niks konkreet verwag nie.

boervrou ·

ek wens so di moorde kan op hou ek vrees dag en nag vir ons lewens veral my kinders

JoeV ·

Dit moet aaklig wees on permanent in vrees te lewe. Tegnologie bestaan wat die moorde 99% kan veminder, en tog gebeur dit elke dag.

Kaaiman ·

JoeV, in die kol! Die tegnologie is daar om selfbeskerming te doen, maar die boere is steeds “sitting ducks” omdat hulle nie 24/7 gereed is vir ‘n aanval nie. Die vyand is lafhartig en sal net van die verrassingstaktiek gebruik maak, en as jy terugskiet, hol hulle! Maar die boere is nie gereed nie! Ons bly in een van die geweldadigste lande ter wêreld, en steeds dink almal (lees boere, blankes, goedgelowiges, ens) ons bly in utopia! Word wakker! Die staat gaan jou nie beskerm nie, ook nie jou kerk nie!

piet ·

Nog een, en nog een, en nog een, en nog een, en nog een, en nog een!!!!!!! As ek dit nie mis het nie is dit nou al die 3de geval in die laaste week of 2 wat ek lees van op Maroela Media! Iemand MOET die streep trek, wie gaan dit wees??????

Johann Coetzee ·

En nuus24 weier om die komentaar fisiliteit oop te maak op plaasmoord nuus. Want hulle weet… hulle weet.

Anton ·

Ongelukkig sal ons moet begin vuurwapens dra en onsself moet begin beskerm, want niemand anders gaan nie

Natasja ·

Ek stem saam. Die Boere op die plaase moet hulleself beskerm deur vuurwapens by hulle te dra.

Tommie ·

Nog ‘n terreur aanval! Die aanvalle neem daagliks toe. Sterkte vir die familie.

CAV ·

Dis jammer om te sien dat meer gedoen was vir diegene wat geraak was deur die “xenophobic” aanvalle as wat vir ons eie burgers gedoen word wat geraak word deur plaas aanvalle. Nie dat ek die 7 moorde vd “xenphbic” aanvalle goed praat of ondersteun nie, maar bitter min word gedoen vir die baie boere wat omkom tydens plaas aanvalle.

Gina ·

Hierdie wapens kom uit polisie stasies uit wat nooit vernietig is nie. Dalk Mal ema se manne wat hy oral so uit stuur. Mag ons net op GOD vertrou vir dit wat vir ons voorlê want dit raak by die dag erger en erger. Sterkte aan die families…..

pop ·

Die regering weier om dit as n probleem te sien. Se dis net diefstal gevalle, maar ons weet mos nou dat dit gewoon n afmaai van plaasboere is. En dan mag mens nie se hulle is dommer as ape nie, maar dit moet wees, want as al die boere weg is, wat gaan almal eet. Die VN sal spoedig moet intree.

se net ·

Iemand is nou wonder n man, n pa,n oupa, n broer, n vriend. Maar in Suid Afrika is die waarde van n lewe nul. Moors kry dieselfde aandag as slag gate. Laat mens wonder….

charizma ·

Dit maak my so ongelukkig om te lees van al hierdie plaas moorde,,ek bid vir daardie mense se familie,,snaaks om te dink party mense besef nie dat dit realiteit is nie..

laurent ·

Ek en my gesin het ‘n gewapende (5 swartes met 9mm pistole) roof binne ‘n sekuriteits kompleks oorleef so 3 jaar gelede. Ek en my vrou het ons bevoegdheid in alle wapens gaan doen en bimne 3 weke daarna on tydelike lisensies ontvang (6 weke later die permanente lisensies). Ek en sy dra ons wapens pal by ons – restaurant toe, skool toe, rugby toe, net waar ons gaan. Ons bly paraat! Laat mense maar dink jy’s paranoies of “ag, hier het nog nooit iets gebeur nie”. Gaan se dit vir die vermoorde boere – 95% van die insidente waar boere vermoor is, was DIE EERSTE op die plaas/plot/huis. Moet jouself nie bluf nie! Dit gebeur ENIGE plek, ENIGE tyd! SA is ‘n “war zone”. Sterkte en vrede aan die familie en naasbestaandes!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.