Boer skiet verdagtes in sy huis

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Boer van Schweizer-Reneke in Noordwes het Woensdagoggend op vier mans losgebrand nadat hulle op sy plaas oortree en sy skoonma met ʼn vuurwapen aangehou het.

Brig. Thulani Ngubane, woordvoerder van die polisie, sê die vier mans het vroegoggend in ʼn swart Nissan Navara-bakkie by die plaas in Amalia aangekom. Hulle het aan die man se skoonma, wat buite die huis was, gesê hulle wil skape koop.

Hy sê drie van die mans is in die huis in terwyl die ander man ʼn vuurwapen te voorskyn gebring en die skoonma ook in die huis in gedwing het.

Volgens Ngubane het die boer die mans in die huis betrap en sy eie vuurwapen uitgepluk en op hulle losgebrand. Hy het een van die mans in die bors geskiet en die ander een in die gesig.

Die verdagtes het met die Nissan Navara-bakkie gevlug. Lede van die gemeenskap is in kennis gestel en boere het die verdagtes agternagesit.

Die verdagtes het kort voor Schweizer-Reneke langs die pad stilgehou en te voet gevlug. Die polisie het die twee gewonde verdagtes in hegtenis geneem, maar die ander twee verdagtes het ontsnap.

Ngubane sê die gewonde verdagtes is na ʼn plaaslike hospitaal geneem waar hulle onder polisiebewaking behandeling ontvang.

Die verdagtes, onderskeidelik 34 en 38 jaar oud, sal binnekort in die Schweizer-Reneke-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

pieter ·

Mooi so boere moet nie toelaat dat julle verder uit gemoor word nie. Skiet die indringers voordat hulle julle uitmoor op die plase. Geluk oeie werk genoeg is genoeg. Hulle wil ons wit mense uitmoor en nou moet ons opstaan en terug skiet anders is dit jy.

HEVW ·

Daar was paraatheid.tydens die aanval. Die boer se wapen ter selfverdediging was moontlik aan sy lyf en nie in n geslote brandkluis reeds met die sleutels in die hande van die aanvallers nie. Die gemeenskap was betrokke. Wanneer paraatheid n gemeenskapsaak geword het,bereik ons n hoer vlak van doeltreffendheid.Dit boesem vrees in en ontmoedig misdaad. Dit moet egter op n meer georganiseerde basis geskied. Dit kweek ook n gees van gee om vir mekaar wat baie belangrik is vir die saamstaan en samesyn van n volk.

martie van graan ·

Sterkte aan die tannie, en ek hoop hulle het nou geskrik en gesien wat kan gebeur. Sterkte aan die boer, hoop daar is nou n les vir die ander.

dana conradie ·

Mooi so dit kon weer baie lelik geword as die boer nie betyds op gedaag het nie, dankbaar dit het goed afgeloop.

Gerhard Bezuidenhout ·

Wonderlike nuus . Dit laat my boerehart van trots bons. My medeboer van Scweizer geluk my maat jy het hulle vetgegee en aan al die manne wat gehelp het om die drek te agtervolg “well done” Ek wens dat die ander twee lafaards ook gevang word.

daphne ·

Great…mooi So! ,,, ons boere moet paraat wees…In ons huis is ons ook paraat. ..sal hul vrek skiet. .

Marie ·

Dankie dat hierdie boer nie die slagoffer was nie. Vyf sterre vir hom! Aan al die boere: Doe so voort.

Gatvol ·

Yes boere! Tyd om die gemors te wys met wie presies hulle te doen het.

Plaasmeisie ·

So oggend maak mens se hele dag deurmekaar!* so baie goed wag agter bly, wat nie gedoen word nie, omdat daar vinnig opgetree moet word, word alles net so gelos waar mee besig was…

As hulle maar net wil ophou moor!* Ophou steel dan sal dit ook baie beter op die plaase gaan!
Ons werk hard om te kom waar ons is en dan wil hulle net kom en alles vat!

Phillip Britz ·

Dis jammer dat nie al 4 doodgeskiet is nie. Nou is daar steeds 2 moordenaar/diewe los lopend, en ons belasting moet vir die ander 2 sorg in die hotelle waar hulle sal tuisgaan tot vrylating oor minder as n jaar.

fanie ·

Vier gewapende mans het ook Dinsdag omstreeks elfuur by my Besigheid in Schweizer Reneke ingebreek en met ‘n aansienlike bedrag kontant gevlug. Is dit nie dalk dieselfde persone wat nou die Boer in Amalia geroof het nie? Hoop die Polisie ondersoek die saak deeglik

Frikkie ·

Koop daai man n dubbel bells.Wel gedaan dit is tyd dat die boere die skuim self uitsort.

Ramoela ·

Hoe lyk hierdie sg. “verdagtes”? As hulle swart is mag dit mos nie in die media genoem word nie maar wag maar dat ’n wit boer sy gesin beskerm (geweld teen geweld) dan word sy naam in die media bekendgemaak en hy voorgestel as ’n aartsrassis en moordenaar.

Sonja ·

Wel, ek hoop die booswigte kry nou die boodskap. Ons is gewapen en paraat hier in Schweizer omgewing, dis die verkeerde plek om te kom misdaad pleeg. Wel gedaan baie trots op julle.

Christo ·

Daars hy my Oom! Dis mos hoe n boer moet reageer. My tannie weet dis moeilik mar probeer vergeet en herstel vinnag. Ons moet ophou op ons gatte sit en verkyk hoe ons vermoor word. Reageer as j moet en ontbied jou buure en di polisie.

scalla ·

in 99% van die gevalle is dit inside information, die gewondes kan mos praat…..laat hulle die ander uitbring

willie ·

Aan die boer en sy familie ek is seker dat julle baie geskok is en dit is nooit lekker om iemant te skiet nie , jy sal dit vir altyd onthou. Maar weet dit darem dat jy jou familie van n baie grusaame paar ure gespaar het en het waarskynlik hulle lewens gered. Mag jy vrede vind en mag die seen van onse Here altys saam met al die boere wees

Robyn ·

Well done you are showing them that this is our country you are now a superhero for South Africa!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.