Busbestuurder in Jhb geskiet

Argieffoto Foto: ER24

Argieffoto Foto: ER24

ʼn Busbestuurder is in ʼn ernstige toestand nadat hy Woensdagoggend op Ontdekkersweg in Newlands, wes van Johannesburg, geskiet is.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 06:00 na die toneel ontbied, waar hulle die bus aan die kant van die pad naby die Mollie-wisselaar aangetref het.

“Die busbestuurder, in sy 50’s, is in sy maag gewond. Nog ʼn persoon, wat vermoedelik ʼn passasier was, het ʼn skraapwond aan sy maag opgedoen,” het Vermaak gesê.

Volgens Vermaak het die busbestuurder verduidelik dat ʼn onbekende hoeveelheid verdagtes op die bus geklim het toe hy naby die busstop in Mollieweg stilgehou het en op die bus losgebrand het. “Daar was glo verskeie passasiers aan boord, maar gelukkig is niemand anders beseer nie.”

Die beseerdes is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die motief vir die aanval is nie bekend nie. Die polisie is na die toneel ontbied en ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

pop ·

Moet daar n motief wees???????? Ek glo nie so nie. Ons is mos in n “free country.”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.