Chinees met perlemoen, renosterhoring betrap by Kaapstad-lughawe

Argieffoto (Foto: tpsdave, Pixabay)

Argieffoto (Foto: tpsdave, Pixabay)

ʼn Man van China is Woensdag by die Kaapstad Internasionale Lughawe in hegtenis geneem nadat hy renosterhoring en perlemoen in sy besit gehad het.

“Die 32-jarige man is in hegtenis geneem op aanklag van die oortreding van die Wet op Natuurbewaring en Marinehulpbronne,” het FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die man was glo op pad na Durban toe die Grenspospolisie se teensmokkelspan hom in hegtenis geneem het en 5 kg renosterhoring en perlemoen gevind het.

“Die verdagte is in aanhouding en sal binnekort in die Bellville-landdroshof verskyn,” het Van Wyk bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

CHRISTA ·

Die hof moet die smokkelaars ‘n minimum boete van R1 miljoen ople – hulle maak genoeg geld met hulle gesmokkel. As hulle dit nie kan betaal nie, voer hulle vir die leeus – so sal hulle nooit weer ons wild pla nie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.