DA eis antwoorde oor regeringsadvertensies

DA logo , logo, Democratic alliance , new DA , logoDie DA soek antwoorde ná berigte dat die departement van kommunikasie ’n ongemagtigde R1,6 miljoen aan koerantadvertensies bestee het.

Gavin Davids, DA-LP, het gesê volgens berigte is daar nie ’n behoorlike goedkeuringsproses gevolg met die aangaan van dié uitgawes nie. Hy het gesê hy sal vrae by die parlement indien om duidelikheid oor die saak te kry.

City Press het Sondag berig dat Faith Muthambi, minister van kommunikasie, in Januarie ’n advertensie van agt blaaie in The New Age uitgeneem het oor die Vrystaatse provinsiale regering.

City Press het bronne in die staatskommunikasiediens (GCSI) aangehaal wat beweer dat hy onkant betrap is deur die plaas van die advertensie aangesien dit nie goedgekeur is nie. Donald Liphoko, direkteur-generaal van dié departement, het egter aan die koerant gesê dat dit as formele klagtes gedokumenteer sou word indien die bewerings waar is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

André Erasmus ·

Hierdie tipe uitgawes bly net gebeur sonder dat enigiemand vervolg en aanspreeklik gehou word vir terugbetaling en gevolglike strawwe. Seker maar weer apartheid of Mnr Jan van Riebeeck se skuld. Mooi dag.

CHRISTA ·

Dis seker Zuma se manier om sy vriende se besigheid te ondersteun – hy betaal mos nie daarvoor nie. Die belastingbetalers betaal dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.