Derby-Lewis se spesiale mosie vir parool

Clive Derby-Lewis

Clive Derby-Lewis

Die hooggeregshof in Pretoria gaan ʼn spesiale mosie aanhoor vir Clive Derby-Lewis se vrylating op mediese parool.

“Die saak word op Maandag 25 Mei aangehoor en dit is ʼn spesiale mosie,” het Julian Knight, Derby-Lewis se regsverteenwoordiger, gesê.

Derby-Lewis is vroeër vanjaar mediese parool geweier deur die minister van korrektiewe dienste en justisie. Logan Maistry, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het vroeër vandeesmaand gesê Derby-Lewis ontvang behandeling in ooreenstemming met die departement se beleidsrigtings. Derby-Lewis betaal glo vir sy eie behandeling.

Derby-Lewis, wat lewenslange tronkstraf uitdien vir sy aandeel in die moord op die voormalige SAKP-leier Chris Hani, is al sedert verlede jaar in die hospitaal waar hy behandeling kry vir kanker.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Bruno Stef ·

Suid Afrika se eie Rudolf Hess die wraaksugtigheid sal nie n einde kry wat die kommuniste aanbetref nie.Die ANC kommuniste het natuurlik stralekransies om hulle koppe net soos Joseph Stalin tydens sy tydperk as heerser van die Soviet Rusland.

CHRISTA ·

As hy Zuma se tjommie was soos Shaik (wat nie eers regtig siek is nie) sou hy ook LANKAL los rondgeloop het!!! Dan beweer hulle ons is kamma almal gelyk!!! HAHAHA – African National Circus!!!

Lappop, van die Ashoop ·

Die openlike rassisme verbaas my lankal nie meer nie. Ons almal weet dat net mense rassisties kan wees. Wel ek hoop teen die tyd weet almal in die land dit. Anders is dit tyd dat jy wakker word!

Albert ·

Lappop, dit is waar ons probleem lê, dit is vebasend hoeveel van ons mense se oe net nie kan oop gaan en dit wat elke dag om ons gebeur kan raaksien nie – ongekende en grusame volksmoord, rassisme onder die dekmantel vvan regstellende aksie in die ergste graad in werksplekke wanneer dit kom by aanstelllings en bevorderings, openlike bedrog op die hoogste vlak van die regering met ons president aan die voorpunt waar ons nie praat van miljoene nie maar miljarde rande ens ens….. en dan is daar nog steeds mense wat reken ons het nou ‘n demokratiese land met die beste grondwet op aarde asof dit enigsins iets beteken.

Jonathan ·

Waar is die gelyke behandeling van demokratiese grondwet is dit net vir party Dit wil so voorkom SATS SA _ _INTERPOL 1950 tot 1993 moorde 309583 sowat 7036 per jaar en dan 1995 tot 2015 wys 957640 moorde met gemiddeld van 47882 per jaar Waar word die sklem gehou of gebere wat hof toe was Maak nou die som met n lae slaag syfer en die aanhouding maak nie sin nie Net party word vrygelaat Die vraag ontstaan beoefen korrektiewe dienste ook beurt krag toe op vel kleur

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.