Dié DA-advertensie ook verbied

DA advertensie 2Die DA se advertensie volg onderaan die berig.

Die DA het ʼn dringende perskonferensie vir Woensdagmiddag belê nadat die party glo verneem het dat sy tweede “ANC Ayisafani”-advertensie óók deur die SAUK verbied is.

Die Demokratiese Alliansie (DA) se eerste verkiesingsadvertensie is aanvanklik deur die SAUK verbied, aangesien dit glo geweld aanhits, maar die SAUK het later besluit om wel die advertensie uit te saai hangende ʼn ondersoek deur die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okasa). Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het intussen die DA by Okosa verkla oor ‘n foto van vermeende polisiegeweld in Bekkersdal wat in die advertensie vertoon is. Okosa het daarna beslis dat die DA dié afstootlike foto uit sy advertensie moet verwyder, wat die party wel gedoen het.

Die DA het Maandag sy tweede ANC Ayisafani-advertensie vrygestel.

Helen Zille, die DA se leier, en Mmusi Maimane, DA-woordvoerder en premierskandidaat vir Gauteng wat in die advertensie te sien is, gaan die perskonferensie in Aucklandpark lei. Die party beskou dié stap as politieke sensuur, veral in die laaste en “belangrikste week” in aanloop tot die verkiesing op 7 Mei.

Die DA het aangedui hy sal ‘n oorsig gee van die “valse gronde” waarop die SAUK hierdie besluit geneem het, en hulle sal ook die stappe aankondig wat hulle gaan neem om die “sensuur van sy advertensie” uit te daag.

Klik hier om die eerste Ayisafani-advertensie te sien.

* “ANC Aysiafani” beteken dat die ANC is nie meer is wat hy vroeër was nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Shannon ·

Persoonlik voel ek dis seker maar beter so dat die DA nie hul fêr shêr lug tyd kry nie. Selfs die DA is net so gelyk soos die res van die plebs onder die ware bevryders van Afrika. In elk geval, daar’s te veel politieke ads op TV.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.