Die lekkerste gratis nuus-app is hier!

Skermskoot uit Maroela Media se advertensie

Skermskoot uit Maroela Media se advertensie

Loer gerus na ons toneomkrullekkerkry-advertensie onderaan die berig!

In ʼn wêreld waar inligting so vrylik beskikbaar is, moet jou nuuskanaal geloofwaardig, gerieflik en gratis wees. Maroela Media stel hiermee amptelik sy nuus-app bekend!

Bly op hoogte met die jongste nuus: alles wat jy wil weet is nou in een app beskikbaar.

Ons app hou jou op hoogte met die jongste nuusgebeure en ons vertel jou alles wat in die wêreld van rugby gebeur. Kom kry op die koop toe sommer ook al jou tradisionele resepte. Onder “Vreemdhede” kan jy al die stories kom lees wat jou na jou asem laat snak, jou ʼn traan laat pik of laat skaterlag van lekkerkry en plesier. Dis nog net die oortjies van die seekoei!

Kom leer ook waar kom ʼn idioom vandaan, lees die mooiste gedigte en vind alles uit oor woorde wat jy al vergeet het. Ons app hou jou ook op hoogte met al die jongste Afrikaanse boeke op die rak.

Bly ook op hoogte met al die Afrikaanse flieks en musiek- en teaternuus en kry sommer ʼn warm gevoel in jou hart oor al die goeie nuus wat ons onder “Goeie goed” op die app publiseer.

Jou daaglikse oordenking is ook beskikbaar en jy kan boonop ook alles kom lees oor motors, tegnologie en die ruimte!

En dan kom sê meningsvormers hul sê in Nóú pra’ jy – hier kan jy ook jou stuiwer in die armbeurs kom gooi.

Die app is beskikbaar vir iPhone en Android-slimfone en jy kan self kies wat jy wil sien, indien daar afdelings is waarin jy nie belangstel nie.

Ons app is die nuusleser met die vreemde pruik, die soustannie met die lekker bak beskuit, die skeidsregter en die oom op die pawiljoen wat nartjies gooi. Ons is jou taaljuffrou en die pêl wat saam stokkies draai. Ons is jou ouma se sagte skouer en jou oom se blinknuwe motor. Skink vir jou ʼn koppie boeretroos dan kuier jy lekker saam. Dis Maroela, Pappa!

Laai ons gratis nuus-app af vir Android of iPhone:

Maroela Media app vir die iPhone Maroela Media app vir Android

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Everline van Dyk ·

Ek lees altyd die media-berigte en sal graag wyer wil lees. Sien uit.

Sune van Heerden ·

Dagsê Elma

Dankie vir jou navraag! Die app is ongelukkig nog nie beskikbaar vir Blackberry-selfone nie.
Ons hoop jy kuier intussen lekker direk op die webwerf!

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Sune van Heerden ·

Dagsê Judy

Dankie vir jou navraag! Die app is ongelukkig nog nie beskikbaar vir Blackberry-selfone nie.
Ons hoop jy kuier intussen lekker direk op die webwerf!

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Charles Stevens ·

Moet asseblief nie van ‘n “Windows Phone” applikasie vergeet nie….

Janet Pienaar Gibson ·

Wil graag lekker, ware, Afrikaanse nuus ontvang

Cav. Andre Martinaglia ·

Ek sien uit na hierdie nuus. Ek kan as skrywer ook bydrae. My Oupa Guglielmo Martinaglia het die Sterkfontein Grote ontdek in 1896. Daarna deelgeneem an die ABO saam met ‘n 100 ander Italiaaners teen die Britse aanval in die Z.A.R.

Johan van Rensburg ·

Sal net graag wil hê dat die App ook kan “draai” opdie I-Pad sodat ek so ‘n breër prentjie kan kry.
Geniet Maroela Media se nuus im my taal !

Johan van Rensburg ·

Sal net graag wil hê dat die App ook kan “draai” op die I-Pad sodat ek so ‘n breër prentjie kan kry.
Geniet Maroela Media se nuus in my taal !

Sune van Heerden ·

Dagsê Johan

Dankie vir jou terugvoer! Ons hoop om binnekort ook ‘n iPad-weergawe van die app beskikbaar te stel.

Hoop jy kuier nog baie lekker verder op Maroela!

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Jaco ·

Het vandag op Google Play gaan soek vir Maroela Media toep. Kan dit glad nie kry nie?

Ester Wiegand ·

Hou daarvan om op hoogte te bly van wat in en om my aangaan en wonderlik dat dit nou in my eie taal gaan wees Dankie vir julle Mooi veilige daggie vir almal

Roelf van der Merwe ·

Liewe Loven! Julle is nie op Blackberry beskikbaar nie, ook nie op iPad nie, nou waarop is julle dan beskikbaar? Uitgekap op kliptafels, miskien?

Danie Scheepers ·

Kan julle vir ons di app organise vir Windowsphone 8.1 ok asseblief

Rudolf Dercksen ·

Ek het ook n Blackberry-selfoon.Sal op die webwerf gaan loer!Dankie vir afrikaans.

Leon Maritz ·

Ek is op Windows 8 telefoon. Sien nie jou antwoord op Windows App nie.

Elria Jordaan ·

Sien uit daarna op nog baie in my eie taal te hoor. Hoera!! Vir afrikaanns

Annamarie Eloff ·

Dankie julle, ek is ook ‘n nuusvraat. Het dit nou net afglaai!!

aubrey ernest ·

Maroela nuus die beste ding since slice bread kan nie wag vir die blackberry app nie

johannes fourie ·

Gee more

Het Vernon dat mayoral media toe passing nie vir blackberry besieged is nie is daar dalk n moontlikheid dat n toe passing vir blackberry in die voor uitsig sal wees.

Marlow media n moet en n winner in die nuus ask al die bykomstighede driven.
Bests Greet

JOHAN

Sune van Heerden ·

Dagsê Johannes

Ek vermoed “autocorrect” is in Engels op jou selfoon aangeskakel, ek het so bietjie gesukkel om te verstaan wat jy skryf.
Ons beplan ongelukkig nie binnekort ‘n Blackberry-toepassing vir ons app nie.

Ek hoop jy kuier tog nog lekker verder saam op Maroela!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.