Die 2014 kykNET Silwerskermfees het Saterdagaand tydens ʼn glansgeleentheid in Kampsbaai die beste rolprente en kortfilms met toekennings vereer.
Die Windpomp het die aand met vyf toekennings vir onder meer beste film en beste regisseur weggestap. Die romantiese komedie, Pad na jou Hart, het twee toekennings ontvang.
Bennie Fourie en Bouwer Bosch se skreeusnaakse donker-komedie, Vuil Wasgoed is aangewys as die beste kortfilm en Nommer 37 is ook met ʼn paar toekennings bekroon.
Hollywood in my Huis het drie toekennings ontvang en is as die kennersgunsteling vir beste speelfilm tydens die fees aangewys.
Die volledige lys van wenners:
Beste kortfilm: Vuil Wasgoed
Beste regisseur van ʼn kortfilm: Travis Taute & Nosipho Dumisa – Nommer 37
Beste akteur in ʼn kortfilm: Stian Bam – Trippie
Beste aktrise in ʼn kortfilm: Nicola Hanekom – Trippie
Beste teks vir ʼn kortfilm: Daryne Joshua: Nommer 37
Spesiale benoeming vir nuwe ikoon: Alberts Pretorius
Beste film (speelfilms): Die Windpomp
Beste regisseur van speelfilm: Etienne Fourie – Die Windpomp
Beste vroulike byspeler in ʼn speelfilm: Marga van Rooy – Die Windpomp
Beste manlike byspeler in ʼn speelfilm: Marius Weyers – Pad na jou Hart
Beste akteur in ʼn speelfilm: Louw Venter – Konfetti
Beste aktrise in ʼn speelfilm: Anna-Mart van der Merwe – Stuur groete aan Mannetjies Roux
Mees oorspronklike musiek in ʼn speelfilm: Johnny de Ridder – Die Windpomp
Beste teks vir ʼn speelfilm: Etienne Fourie – Die Windpomp
Beste redigering vir ʼn speelfilm: Dwaine Faria Carrao – Pad na jou Hart
Beste nie-Afrikaanse speelfilm: Forgotten Kingdom
Kenners se keuse vir beste speelfilm by die fees: Hollywood in my Huis
Gehoorgunsteling vir beste speelfilm by die fees: Hollywood in my Huis
Gehoorgunsteling vir beste aktrise: Christia Visser – Hollywood in my Huis
Gehoorgunsteling vir beste akteur: Deandre Reiners – Seun