Diepsloot-kindermoordenaar vloek regter ná swaar vonnis

Argieffoto.

Argieffoto.

Ntokozo Hadebe is Woensdag in die Pretoriase hooggeregshof swaar gevonnis vir die moord en verkragting op drie kleuters van Diepsloot.

Hadebe (29) is Dinsdag skuldig bevind aan die moord en verkragting op Anelisa Mkhonto (5) in September verlede jaar, en die niggies, Yonalisa (2) en Zandile Mali (3), in Oktober verlede jaar.

Hadebe het die meisies ontvoer, na sy plakkershuis in Diepsloot geneem waar hy hulle verkrag, gesodomiseer, versmoor en verwurg het. Hy het Anelisa se liggaam in ʼn vullisdrom gestort, en die lyke van die niggies in ʼn openbare toilet.

Regter Nico Coetzee het Hadebe nege keer lewenslank gevonnis op aanklagte van moord en verkragting. Hy is ʼn verdere 15 jaar tronkstraf gevonnis op drie aanklagte van ontvoering. Die swaar vonnis is deur ʼn applous uit die publieke galery verwelkom. Sy naam sal ook in die register van seksuele oortreders geplaas word.

Hadebe het die regter verskeie kere “f** jou” toegesnou terwyl hy uit die hof na die aanhoudingselle begelei is.

Hadebe het Dinsdag ter versagting aangedui dat hy “mal” is.

Genl. Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, het Woensdag Hadebe se swaar vonnis verwelkom.

“ʼn Lang en intensiewe ondersoek kan nou afgesluit word,” het Phiyega in ʼn verklaring gesê. Sy het gesê dat die samestelling van ʼn identikit en forensiese- en DNS-toetse ʼn groot rol tydens die ondersoek en hofsaak gespeel het. “Die bewyse is deur die staat gebruik om sy saak te wen.”
Sy het die beamptes wat onverpoosd aan die saak gewerk het, en die Diepsloot-gemeenskap bedank vir hul samewerking. “Die Diepsloot-gemeenskap is nou baie veiliger met die skuldige agter tralies,” het sy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

SNEL ·

Ter versagting aangedui dat hy “mal” is. Dis juis genoeg rede om hom sommer nog n paar lewenslange tronkstrawwe te gee. Hy is waar hy hoort, wonderlik!!! Mag hy daar vrot en mag die ander gevangenis hom hel gee.

CAV ·

Hy moet sommer nog n paar jaar bykry omdat hy die regter vloek

EMK ·

Vir die vloek – was sommer daai bek met suur uit – watookal die nagevolge!

Leeutjie ·

Hoe lekker lag ek nou vir julle 3. Hy is nie ‘n mens nie, dis ‘n dier!

Lindie ·

Diere doen nie eens dit aan hulle kinders nie. Ek se ook, hy moet sommer nog langer sit vir die vloek van die regter ook!! Die man hoort NOOIT in die samelewing nie en moet ook nie eens parool kan kry nie. Hy moet gaan VROT in die tronk en daar bly!!

Mar ·

Ja nee nou moet Jan taks vir hom betaal tot hy dood is en kinders in ons samelewing het daai geld brood nodig. Sou die dood straf nie die antwoord vir hierdie probleem gewees het nie? Daar is mos geen twyfel oor sy skuldig bevinding nie.

lorayne ·

Regter Nico Coetzee . . . I SALUTE YOU!!!!
Ek hoop van harte dat u die geleentheid sal kry om NOG sulke monsters uit die samelewing te verwyder!

Theresa ·

Hoop hy word diep weg gebêre. Wil nou nie oor ‘n paar dae hoor hy het “ontsnap” nie. Dis bitter jammer want die doodstraf is hier nodig. Nou betaal ons vir sy slegte leeglê in die tronk. Gemors soos hy hoort onder die grond.

V ·

Stuk gemors!Volgende week word hy seker vrygelaat is mos deesdae hoe hulle werk.Plaas hang hul die barbaar of sny sy tong uit dat hy kan ly!

Gerald vd Merwe ·

Ek kan nie glo dat daar nog mense is wat skreeu vir die doodstraf. Kry dit in julle koppe. Die doodstraf sal nooi maar nooit terug kom nie. Daar word 50 mense per dag in ons land vermoor. DWS dat die ANC moet ten minste 10 per dag van hulle kamarde hang wat hulle in der ewigneid nooit sal doen nie al word die helfde van die ministers in die regering vermoor sal die ANC nie die doodstraf herinstel nie. Daarom beskerm die ANC die diewe wat inbreek hulle is die heiliges van die ANC en hulle sal nie hulle swart barbare aan die galg uitwis nie. Hulle bekerm mekaar.
Gerald

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.