Diewe steel historiese kerk se loodglasvensters

Die vensters pryk bo die altar van die St. Thomas Anglikaanse Kerk. Foto: http://www.stthomasberea.org.za/

Die vensters pryk bo die altar van die St. Thomas Anglikaanse Kerk. Foto: http://www.stthomasberea.org.za/

Skrootmetaaldiewe het ʼn historiese kerk in Durban, wat in 1868 gebou is, se loodglasvensters gesteel, het die Mercury Dinsdag berig.

Volgens die berig het die diewe Sondagaand vyf van die St. Thomas Anglikaanse Kerk in Musgrave se loodglasvensters gesteel. Die vensters beeld tonele uit die Bybel uit.

“Die diewe was heel waarskynlik agter die lood aan, maar hoekom ʼn onvervangbare deel van ons geskiedenis verwoes net vir ʼn honderd rand?” het Barnie Barnard, die kerk se koster, gesê.

Die kerk het verlede maand gietyster uit grafstene verwyder in ʼn poging om plundery te voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Willem ·

Goeie genade, wat volgende. 2015 het pas begin en kyk hoe lyk die voorblaaie van die koerante van al die misdaad, korrupsie, kader ontplooiing en wat nog.

annatjie ·

Dit wys net hoe desperaat is Suid Afrika se inwoners vir geld. Te veel inwoners in ons land. Die mense ly honger, daar is nie genoeg werk vir almal nie.

Grassie ·

Maroela – ek sal weer probeer.
Die Anglikaanse kerk was in die vorige bedeling sterk ANC gesind en het dus help skep aan die omstandighede waaronder ons vandag leef. Hulle moet nie nou kla as hulle deurloop nie.

Gwen ·

Pragtig Grassie. Ek voel ook so. Al hierdie pienkes wat nou kom kla wanneer hulle slagoffers van hul eie besluite is laat my lekkerkry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.