Don Steenkamp-prokureur eis betaling

Don Steenkamp wat sy ouers en sussie op 6 April 2012 op hul plaas Naauwhoek in Griekwastad doodgeskiet het

Don Steenkamp wat sy ouers en sussie op 6 April 2012 op hul plaas Naauwhoek in Griekwastad doodgeskiet het

Die voormalige prokureur van Don Steenkamp, wat skuldig bevind is aan die moord op sy gesin in Griekwastad, is besig met stappe om sy regskostes van Steenkamp se voog te verhaal, het The Star Maandag berig.

Volgens die berig is Stoffel de Jager deur Steenkamp se voog, Bennie Heckroodt, as opdraggewende prokureur aangestel.

De Jagter het Vrydag ʼn konsepbevel oor “gelde verskuldig” aan waarnemende regter Mpho Maosebo in die Noord-Kaapse hooggeregshof ingedien.

De Jager wou nie die uitstaande bedrag bekend maak nie. Hy het gesê daar is ʼn ooreenkoms tussen hom en Div Pretorius van Haarhoffs Prokureurs, wat namens Heckroodt optree, om nie met die media te praat nie.

Steenkamp dien 20 jaar tronkstraf uit nadat hy sy ouers Deon en Christel en suster Marthella op 6 April 2012 op hul plaas Naauwhoek in Griekwastad doodgeskiet het. Hy het ook sy suster verkrag.

Sy appèl teen sy skuldigbevinding en vonnis word op 9 Maart in die Noord-Kaapse hooggeregshof aangehoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Eish! ·

En die ou het niks eens vir Don beteken nie. O ja, ek het vergeet klein Don is mos nie ‘n bekende persoon in SA nie. Sy straf bly vir my hopeloos te straf. Ek meen gaan kyk wat kry ander moordenaars en kyk wat het hy gekry? En dan is die ander volwasse mense en hy ‘n kind. In my hart glo ek die kind is onskuldig en nie die baasbrein nie. Iewers is iemand wat hom aangehits en gecoach het.

Mary ·

Hy is nie ‘n kind nie! Hy het sy eie suster VERKRAG en haar en sy OUERS daarna koelbloedig doodgeskiet! Word wakker!!!

Nina ·

Waar is die bewyse dat sy verkrag is? Dit is geensins bewys dat HY haar verkrag het nie. Tsk.

zahn ·

Nina, duidelik het jy nie al die feite agtermekaar nie. Ek stel voor jy lees die hele boek deur. Hoofstuk vir hoofstuk, die bewyse was daar. Jy moet dit nou net gaan soek.

Tammy ·

Is die appel van die jongman nie dalk n vermorsing van kosbare geld nie. So jonk, so n groot saak? Is daar enigsins salf te smeer aan hom of wag ons maar net om te sien wat is volgende op die agenda? Vra maar net……..

Karen ·

Ek verstom my nog aan die mense wat so in die “kind” se onskuld glo. Hy sou nie skuldig bevind geword het as die staat nie bo alle redelike twyfel kon bewys het dat hy is skuldig is nie.

Wat het bose mense die arme bloedjie “geframe”??

Ek kan verstaan dat dit moeilik is om te glo dat ‘n 15/16 jarige kind tot so iets in staat is teenoor jou eie vlees en bloed, maar ongelukkig bly ons in ‘n baie wrede en onvoorspelbare wereld. Jy hoef net elke dag nuus te lees of te luister om dit te weet. Maar nou ja dis net my opinie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.