Drie sterf in Pta-botsing

Foto: ER24

Foto: ER24

Drie mense is Maandagoggend dood in ʼn botsing tussen ʼn taxi en motor in Hatfield, Pretoria.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het vroegoggend op die hoek van Francis Baard- en Grosvenorstraat plaasgevind. Volgens Bodasing het die taxi sowat 50m ver gerol ná die botsing.

Die bestuurders van die taxi en die motor is op die toneel dood verklaar nadat hulle tydens uit die botsing uit hul voertuie geslinger is. Bodasing het gesê ʼn vrou was in die motor vasgekeer en moes met meganiese toerusting uit die wrak verwyder word. Sy is op die toneel behandel, maar het aan haar beserings beswyk.

Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

sproetjies ·

Sal my gladnie verbaas as die taxi weer ‘n voetuig verbygesteek het en die ongeluk veroorsaak het nie. Die padgebruikers in Pretoria ken in die algemeen nie hulle padreels nie. Stopstrate, sperstrepe, sirkels. toegeetekens is daar om die pad te versier.

elize stroebel ·

ja ek voel die taxi’s is so nalatig ek ry elke middag in steve biko str en mens kan nie glo wat se kanse vat hulle met daai vol taxi’s nie….rip aan die mense wat oorlede is….so onnodig.

BJ ·

En dit in ‘n 60km/h sone, en hierdie berig is langs die spoedvraat berig. Maar jaag sal ons jaag!

Francois ·

En so word daar nog steeds nie teen die taxi bestuurders opgetree, wat die padreels en wette totaal en al ignoreer nie. Hulle is mos “untouchable”.

CHRISTA ·

Dit klink vir my ook asof nie een van die bestuurders sitplekgordels aangehad het nie. Hoe was hulle uit hulle motors geslinger? Het hulle gedink die sitplekgordels is vir versiering?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.