Drie vas vir roof in Bela-Bela

Argieffoto

Argieffoto

Drie gewapende rowers is Vrydagoggend vasgetrek, minute nadat hulle probeer het om ʼn klerewinkel in Bela-Bela (Warmbad) in Limpopo te beroof.

Tarien Cooks, veiligheidskoördineerder van AfriForum, het aan Maroela Media gesê sewe verdagtes het glo probeer het om die Edgars-winkel in die sakekern te beroof. Die polisie, wat besig was om die dorp se strate te patrolleer, het dit gesien en kon daarin slaag om drie verdagtes in hegtenis te neem. Vier het egter in ʼn ligblou Golf gevlug.

Danksy ʼn massapatrollie wat die afgelope naweek tussen AfriForum, die Bela-Bela polisie en verskeie vrywilligers en belangegroepe uit die gemeenskap gehou is, kon die gemeenskap vinnig gemobiliseer word om die dorp se strate af te sper. ʼn Privaatvliegtuig en helikopter is ook ingebring om te help met die soektog, het Cooks gesê. Daar is glo op ʼn vuurwapen en gesteelde selfone beslag gelê.

“Hierdie is ʼn bewys van hoe die gemeenskap en polisie suksesvol kan saamwerk met koördinasie tussen onderskeie veiligheidsgroepe en -organisasie. Dit stuur ook ʼn sterk boodskap aan misdadigers dat hierdie dorp nie nonsens sal duld nie,” het Cooks gesê.

Die polisie kon nie dadelik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.