Drie vroue kry oordosis in by winkelsentrum

Argieffoto ter illustrasie

Argieffoto ter illustrasie

Drie vroue is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal nadat hulle glo ʼn oordosis van ʼn onbekende middel ingekry het by ʼn winkelsentrum in Bram Fischerweg in Randburg, Gauteng.

“Die vroue het naby die ingang van die winkelsentrum gelê toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Een van die vroue was in ʼn kritieke toestand. Paramedici moes haar help om asem te haal.”

Volgens Vermaak kon die ander twee vroue nog praat, maar hulle kon nie beskryf wat gebeur het nie. Omstanders het by die ingang saamgedrom en gesê die gebied is berug vir die gebruik van onwettige middels.

“Die vroue is op die toneel gestabiliseer en daarna na die Helen Joseph-hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Pieter ·

Die berig oor die vrouens hierbo verwys ; Waarskuwing asseblief aan vakansiegangers Onthou u ken nie die mense van die plek waarheen u gaan nie Dwelmsmokkelaars is gewetenlos en dit gaan net oor geld Moenie u kinders te veel geld in die hand sit nie Wat handelaars doen is om die kinders nuuskierig te kry met sekere toertjies wat hulle doen en as n “reward” kry hulle n pakkie “sherbet” die is egter nie wat dit is nie en letterlik binne twee dae is die knd verslaaf aan die “sherbet” en gaan hulle weer terug Dit is hier waar die handelaars dan toeslaan Die kind is nou bereid om enigiets te gee net om die “sherbet” in die hande te kry Probeer om ingelig te wees A

Pieter ·

Die berig oor die vrouens hierbo verwys ; Waarskuwing asseblief aan vakansiegangers Onthou u ken nie die mense van die plek waarheen u gaan nie Dwelmsmokkelaars is gewetenlos en dit gaan net oor geld Moenie u kinders te veel geld in die hand sit nie Wat handelaars doen is om die kinders nuuskierig te kry met sekere toertjies wat hulle doen en as n “reward” kry hulle n pakkie “sherbet” die is egter nie wat dit is nie en letterlik binne twee dae is die knd verslaaf aan die “sherbet” en gaan hulle weer terug Dit is hier waar die handelaars dan toeslaan Die kind is nou bereid om enigiets te gee net om die “sherbet” in die hande te kry Wees ingelig en geniet u vakansie

Estelle ·

Pieter dwelmsmokkelaars is nie net gewetenloos nie, hulle is moordenaars! Voel absoluut niks vir die lewens wat hulle opvoeter nie! Mens dink hulle het net die inligting nodig indien hulle te doene het met ‘n verslaafde, nee mense hou julle self ingelig! Hierdie MOORDENAARS is uiters slim en hulle weet hulle kom weg met wat hulle doen!

lillian ·

Wees ook maar versigtig om jou kinders alleen na ‘n publieke toilet te stuur – gaan saam en hou ‘n ogie … kinders is ook deesdae ‘n teiken vir kriminele …

ek probeer elke geval om publieke toilette te vermy … dis nie die skoonste plekke nie ..

Eish! ·

Baie vreemd! Hoop die storie sal ‘n opvolg kry. Ek sit nou net en wonder of het die dames self toegedien of was dit nie dalk ‘n kwessie van soort van ‘n aanval, toediening nie. Deesdae kan so iets maklik gebeur en daarna word daar gese dat hul dwels gebruik het. Wat van is ingespuit sonder dat hul besef? In ‘n besige plek is dit maklik om verby iemand te loop en hom met vloeistof in te spuit, sonder dat hy besef wat gebeur. Sal graag die uiteinde van die saak wil hoor.

pop ·

En pasop maar vir urban legends. Helfde van die stories is net dit. stories. Dis soos die kat storie, hulle versmoor glo babas. Ek het oral gesoek vir so n aangemelde saak. niks, want dis onwaar. Nes ek die sherbit storie nou gaan soek het. ook niks gekry. !!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.