Duisende matrieks glo by eksamenkullery betrokke

Argieffoto

Argieffoto

Meer as 2 800 matrikulante en ten minste 34 onderwysers en skoolhoofde van KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap was glo betrokke by grootskaalse eksamenkullery.

Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement van onderwys, het gesê 2 089 leerlinge van KwaZulu-Natal en 778 leerlinge van die Oos-Kaap word daarvan verdink dat hulle tydens hul 2014-matriekeksamens gekul het.

Mhlanga het gesê die uitslae van die vraestelle, wat by 19 lokale in KwaZulu-Natal en 14 lokale in die Oos-Kaap geskryf is, gaan nie bekend gestel word nie.

Die departement het oor die afgelope twee weke verskeie toesighouers en leerlinge ondervra.

“Van die betrokkenes het skriftelik erken dat hulle die vrae in ʼn sekere manier beantwoord het. Ander interessante bewerings het ook na vore gekom en die ondersoekbeamptes genoop om verder ondersoek in te stel.”

Hy het gesê daar was ʼn paar belydenisse, meestal van leerlinge, wat die ondersoekbeamptes se ondersoek versterk. “Daar is duidelike tekens dat daar gekoördineerde hulp was,” het hy gesê.

Die rede waarom die onderwysers deel van die kullery was, is nog nie vasgestel nie. ʼn Leerling het egter tydens ondervraging gesê die onderwysers is lui, en dat hulle nie altyd klas gee nie. Daar word vermoed dat die onderwysers en skoolhoofde die leerlinge gehelp het om vir die gebrek aan onderwys op te maak.

Mhlanga het gesê sommige leerlinge het tydens die eksamens hul eie oorspronklike antwoorde uitgewis en dieselfde identies verkeerde antwoorde gekies. Hy het toegegee dit is kommerwekkend dat, afgesien van die bedrog, die onderwysers skynbaar nie eens die korrekte antwoorde ken nie.

Dit is nie bekend wanneer die departement se formele verhore oor die aangeleentheid voltooi gaan wees nie. Leerlinge wat aan kullery skuldig bevind word, kan vir drie jaar verbied word om matriek te voltooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Lindie Lourens ·

Niks snaaks nie, hier in Wes Kaap weet ek van laerskole waar Juffrouens die antwoorde mondelings aan leerders gee . Party skryf sommer die antwoorde op die bord, sodat kinders dit kan afskryf. Soms word leerders aangesê om sommer die antwoorde by die maat langsaan af te skryf as hyself dit nie weet nie. Woorde wek, voorbeelde trek.

Anton Smit ·

Lindie jy stem natuurlik anc daarom dat jy die Weskaap probeer swart smeer want dit is mos hoe die anc probeer stemme werf in die Weskaap

Pierre Celliers ·

Dis Afrika hierdie en Westerse wette en reels is gladnie van toepassing nie.

HEVW ·

O, die luilekkerland. Die ingesteldheid is die lewe is dit aan hulle verskuldig. Iewers in die toekoms maak hul aanspraak op bestuursposte waarop hul geregtig is. Hoe gaan ons tog vrykom van al die vrot korrupsie?

HEVW ·

Maroelamedia ek het ongeveer 10 mn terug kommentaar gelewer, en kan werklik geen rede vind waarom dit nie geplaas kan word nie. Help asseblief!!!

Susan Lombaard ·

Dagsê HEVW! Ons outomatiese kommentaarstelsel hou soms ‘n kommentaar vir ‘n wyle terug, en stuur ‘n kennisgewing aan die span aan diens om na die kommentaar ondersoek in te stel. Iemand sal in so ‘n geval so gou moontlik na die betrokke kommentaar kyk en dit met die hand goedkeur. Dis moontlik dat jy gesoek het vir jou kommentaar voor iemand kans gehad het om dit goed te keur. Hou ook in gedagte dat die kommentaarstelsel enige kommentaar eers vir vyf minute wegsteek om die kommentator die geleentheid te gee om sy/haar kommentaar te wysig indien hy/sy sou wou, voor dit vir ander lesers sigbaar word. Dit lyk nie vir ons of daar enige van jou onlangse kommentare is wat nie goedgekeur is nie. Indien daar wel van jou kommentaar is wat nie verskyn het nie, laat weet ons gerus by [email protected], dan stel ons ondersoek in. Groetnis!

Grassie ·

Die “peoples” van Afrika is inherent korrup, daar is geen salf aan hulle te smeer nie. Dit is nie net my mening nie, ou Zoempas het self onlangs gesê korrupsie is ‘n Westerse konsep. Wat interessant is, is dat die onderwysers wat by die korrupsie betrokke was blykbaar self te onnosel is om die vrae reg te antwoord. Dit is nou die reënboognasie op sy allerbeste.

Lindie Lourens ·

Anton Smit. Ek is ‘n trotse Wes Kapenaar, maar kan my nie blindstaar teen die werklikheid nie. Dit wat ek gesê het, het ek ondervind. Dis aangegee, maar doodgedruk. Hierdeur probeer ons red wat daar te redde is, maar dit lyk my hulp en raad is nie nodig nie, alles word onder die mat ingevee.

Leeutjie ·

Lindie ek het gedink Anton se reaksie was onvanpas en onnodig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.