Dullstroom-plaasmoord: Boer se broer óók op plaas vermoor

Sarel Janse van Rensburg. Foto: Verskaf

Sarel Janse van Rensburg. Foto: Verskaf

Sarel Janse van Rensburg (75), wat Donderdag op ʼn plaas naby Dullstroom vermoor is, se broer en skoonsuster is twee jaar gelede op hul plaas vermoor.

Janse van Rensburg het as plaasbestuurder gewerk op die plaas Froggy Pond in die Tonteldoos-omgewing naby Dullstroom. Werkers het Donderdagoggend op sy liggaam in die badkamer afgekom.

Claudine van Wyk, Janse van Rensburg se dogter, het aan Maroela Media gesê twee mans het vermoedelik die huis betree en die kluis in die badkamer gevind. “My pa het moontlik toe by die huis aangekom en hulle verras. Hulle het hom vieslik vermink. Hy is met ʼn mes in die bors gesteek en in die kop geskiet,” het sy gesê.

Haar pa, ʼn wewenaar, het alleen op die plaas gebly. “Ons het ook ʼn familieplaas sowat 1 km van Froggy Pond af. My ma is 12 jaar gelede aan ʼn hartaanval oorlede.”

Janse van Rensburg saam met sy dogter, Claudine.

Janse van Rensburg saam met sy dogter, Claudine.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het vroeër aan Maroela Media gesê twee verdagtes, 21 en 25 jaar oud, is kort na die moord in hegtenis geneem. “Gesteelde goedere wat aan die slagoffer behoort is in hul besit gevind,” het Otto gesê.

Volgens Van Wyk is die kleinkas, ʼn selfoon, rewolwer en pistool gesteel. “Ek glo nie eers daar was R50 in die kleinkas nie. My pa het gewoonlik nie baie geld by hom gehad nie.” Haar pa is vermoedelik met sy eie pistool doodgeskiet.

Janse van Rensburg sou in November sy 76ste verjaardag gevier het. Van Wyk het gesê haar pa se broer, Johan van Rensburg (77) en sy skoonsuster, Gloudien (62), is in 2012 op hul plaas naby Baltimore vermoor.

Janse van Rensburg word oorleef deur sy dogter Claudine, haar tweelingbroer Steyn, en nog ʼn seun, Charl sowel as talle kleinkinders.

Die foto van Janse vam Rensburg en sy kinders en kleinkinders is op sy 70ste verjaardag geneem.

Die foto van Janse vam Rensburg en sy kinders en kleinkinders is op sy 70ste verjaardag geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Theresa ·

Dis so hartseer. En boggerol word aan die moorde gedoen……………….. Oom Sarel is maar net nog deel van die statistiek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.