E-tol: Só gaan hulle jou laat betaal

Die e-tolprojek in Gauteng

Die e-tolprojek in Gauteng

Hierdie berig is nie die waarheid nie. Maroela Media het die sommer vir die lekkerkry as deel van Aprilgekkedag opgelaai om ons lesers om die bos te probeer lei. Klik hier om te sien watter ander berigte wolhaarstories was.

Motoriste in Gauteng sal nie meer e-tol kan ontduik nie, weens ʼn nuwe stelsel wat eersdaags geïmplementeer sal word.

Die padagentskap Sanral het Woensdag aan Maroela Media verduidelik die e-tolfooie sal nou deur middel van motoriste se belasting ingesamel kan word. “Motoriste se identiteitsnommers word aan hul voertuiglisensies gekoppel en dit is dus baie maklik om sodoende ʼn persoon se belastingnommer op te spoor,” het Mildred Geldenhuys, woordvoerder van Sanral, gesê.

Geldenhuys het verduidelik dit is geen ekstra moeite vir die motoriste nie, die reëling word direk met werkgewers getref. Motoriste sal slegs eenmalig ʼn goedkeuringsdokument hoef te teken om die reëling te bevestig.

“Die rede waarom motoriste traag is om e-tol te betaal, is omdat die proses langdradig is en padgebruikers is soms onseker waar hulle die e-tolfooie kan betaal. Nou is die proses sommer baie maklik en motoriste hoef nie meer met hul hande in die hare te sit oor onbetaalde e-tolfakture nie,” het sy bygevoeg.

Sanral sal na verwagting op 1 April regstreeks tydens ʼn perskonferensie verdere besonderhede bekend maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Narike ·

Is daar nie ‘n wet wat ons as padgebruikers beskerm teen onwettige fondse wat van ons verhaal word nie? SONDER TOESTEMMING. Het Sanral enigsins ‘n volkstemming gehou of geluister na wat die padgebruikers van Suid-Afrika te sê gehad het oor die N1 tolhekke?

NEE, hulle het nie. Ek sien die belasting nommer as ‘n onwettige inbraak op my reg op privaatheid. Nou is dit tyd vir MENSE REGTE!!!

Dries ·

Ag my goeie hemel, voor jy ‘n flippen koronêr skiet……..dis April Fools dag !!!!!!!!!!

Nina ·

Hemel, Dries….daar is eers LATER genoem dis ‘n grap. Hou tog jou onderbroekie aan. Verdomp, man!

Piet Parra ·

Die meeste mense ontduik in elk geval belasting. Ek dink hulle moet liewer as jy by ‘n bottelstoor instap jou ID vereis en die e-tol dan deel van jou versnappering maak. Sodoende sal alchol misbruik ook tot ‘n minimum beperk word en minder mense dronk op paaie ry. Minder dronk mense, minder ongelukke en dan kan al die geld war vir die ongelukke sou gaan vir die e-tol betaal en niemand hoef ooit weer oor e-tol te worry nie.

Dave ·

re:
“Die rede waarom motoriste traag is om e-tol te betaal, is omdat die proses langdradig is en padgebruikers is soms onseker waar hulle die e-tolfooie kan betaal. ”

Wàt ‘n infame leuen! Motoriste wil nie tolfooie betaal omdat daar niè deur persoonlike belasting, petrolheffings èn tolpaaie betaal hoef te word vir slaggat-paaie nie. Word daar alternatiewe roetes aangedui?

sanet ·

BELAGLIK! met hulle foute met tariewe en verkeerde rekeninge – dit gaan gaos wees! Hoop net dit tel vir ELKE voertuig se eienaar – en wonder wat word van die wat nie belasting betaal nie??

se-net ·

Beslis APRIL FOOL!!! “eenmalige goedkeuringsdokument hoef te teken” Hie-hie en as ek nie teken nie???? Hie-hie

Uys ·

aai #ok tog nog n April fool
Dit kan nie werk nie want taxi eienaars betaal nie belasting nie

Nina ·

Geldenhuys, het JY mense gevra hoekom hulle weier om te betaal? Want ek kan jou verseker dis NIE omdat hulle nie weet waar en hoe nie. Pffttt..wat ‘n klomp nonsens.

JoeB ·

Die dag wat SARS geld vat wat oorsee vertrek was die laaste dag wat hulle my geld gesien het!

ladybug ·

Grap of nie grap nie, hulle kan blaas en skree en dans, ek SAL NIE e-tol betaal nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.