Een dood, 8 beseer in Fochville ongeluk

Foto: ER24

Foto: ER24

Een persoon is dood en agt mense is beseer nadat die voertuig waarin hulle gery het teen ʼn steil wal af gerol het op die N12 in Fochville, Gauteng.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê van die insittendes van die VW Kombi is uit die voertuig geslinger. Een persoon is op die toneel dood verklaar. Drie mense is kritiek beseer. Twee van die beseerdes is per helikopter na hospitale vervoer vir behandeling.

Volgens Vermaak is die ander beseerdes op die toneel behandel voor hulle met ambulanse na verskeie nabygeleë hospitale vervoer is. “Die mans, glo tussen 20 en 30 jaar oud, was van Azaadville op pad na Potchefstroom om by vriende aan te sluit vir ʼn visvanguitstappie,” het hy gesê.

Een van die insittendes het aan paramedici gesê dat een van die Kombi se wiele gebars het waarna die bestuurder glo beheer verloor het. Die presiese oorsaak van die ongeluk word egter ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

piet olivier ·

Net die volgende oor ongelukke op ons paaie , ek was vanaf Sasolburg na port Elisabeth oppad11/12/2014 , hier het ek gesien trokke ,en ander voertuie wat kanse vat ,gaan verby op sperstrepe of dit ni bestaan nie ,selfs die trokke met sleepwaens waar gehoorsame padgebruikers moet rem trap ,van pad af moet ry om ongedissiplineerde bestuurders en hul passasiers n ongeluk te laat vermy – selfs in port Elisabeth bane met regs pyl word gebruik vi taxis om voor ander in te ry om vinniger hul passasiers by hul bestemming te kry , ni eens te praat van stop strate en robots ni , da word ni dood gestop ni ry eenvoudig oor stop strate of da niks mee fout is nie , dan vra ek wa is verkeersbeamptes , ek dink hul sit te veel agter kamaras pleks van om te kyk na bogenoemde , jare terug as jy oor n sperstreep gery het is jy beboet R1000 n wiel – my vraag is is spoed regtig di grootste oorsake van ongelukke ,wat van bogenoemde waar ek dink die meeste mense nie gehoor gee nie veral trokke ,taxis en bestuurders wat ongeduldig is ,sommige van bogenoemdes sal nog vi jou toeter druk en vinger taal praat terwyl hul weet hul is verkeerd , sterke aan al die vakansie gangers en n veilige reis , ek oor n week weer op pad kaap toe en hoop dit sal goed gaan op die pad , sien baie verkeers oortredings op ons paaie en asb moenie op cell foon praat terwyl jy bestuur ni nog n algemene problem wat jouself en ander in gevaar stel sterkte

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.