Egpaar vas ná hulle baba in kar los

Argieffoto

Argieffoto

‘n Egpaar van Tzaneen in Limpopo is in hegtenis geneem nadat hulle hul twee maande oue baba in ‘n geparkeerde motor by ‘n winkelsentrum gelos het terwyl hulle gaan inkopies doen het.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê die egpaar het Saterdag hulle babaseuntjie in die motor gelos met die ruite wat toe was.

“Veiligheidswagte het die seuntjie hoor huil en die polisie ontbied,” sê Ngoepe.

Hy sê die egpaar is in die winkelsentrum gevind en in hegtenis geneem. Die seuntjie is uit die motor bevry en na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer vir behandeling.

“Hy is ongedeerd en is weer in die sorg van sy ouers,” sê Ngoepe. Die egpaar sal Maandag in die Tzaneen-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Marietjie ·

Hoe op dees aarde word die ouers in hegtenis geneem en die baba weer aan hulle terugbesorg nadat dit baie duidelik blyk dat hulle nie verantwoordelik is nie?

Theresa ·

Dis mos nou duidelik dat die ouers niks voel vir die baba nie. Hoekom word die dingetjie weer teruggegee aan hulle. Môre word die seuntjie ook met gebreekte bene in die klein lyfie gekry. Wat is dit met julle mense………..!!!!

joey van staden ·

Ek stem hoe kan hulle in hegtenis geneem word vi so daad,en wragtig word di baba terug gegee vi hulle.o nee ek wt ni mee ni,sulke mense/dierasies moet ni kinders kry ni,hoeveel moeite is dit nou om daai klyne lyfi in n waentji te sit en saam in te vat,hoop di hof sal 2 keer dink voor hul da uitstap.dis n skande wat daai so genaamde ouers gedoen het,

Belinda ·

Baie foto’s van die egpaar sou dalk kon help………………….sodat dit ook verspei word oral soos die hond voor Spar wat so groot bohaai maak……………………

Freda Bosman ·

Dit is n skande om so klein mensie so in n motor te laat, en dan word hy terug gegee vir hulle. Wat gaan van die arme kind word. Dit is hartseer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.