En die DA se nuwe leier van die Wes-Kaap is…

Argieffoto

Argieffoto

Die nuwe leier vir die DA in die Wes-Kaap is Saterdag bekend gemaak.

Die aankondiging is tydens die party se kongres in Goodwood, Kaapstad, gemaak.

Patricia de Lille, die burgemeester van Kaapstad, is as die nuwe leier verkies. Die stryd was tussen De Lille en adv. Lennit Max, lid van die provinsiale wetgewer.

Meer as duisend afgevaardigdes het die kongres bygewoon, waartydens hulle vir die nuwe leier gestem het.

Mmusi Maimane, die DA se parlementêre leier, het vroeër Saterdag tydens die kongres aangekondig dat hy ʼn benoeming aanvaar om as DA-leier te staan.

Hy het gesê hy sal ʼn sterk veldtog voer om by die party se huidige leier, Helen Zille, oor te neem.

Maimane (34) het gesê hy is in die veldtog om dit te wen en dit is sy kans om hoop in die land se toekoms te herstel.

Zille het Sondag tydens ʼn perskonferensie in Johannesburg aangekondig dat sy nie beskikbaar is vir herverkiesing nie.

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Frik Lotz ·

Die DA voel vere vir minderhede en minderheidsregte. Die Afrikaner se stem is goed genoeg by verkiesings maar daarna word hy eenkant toe geskuif en van vergeet. Waar was die DA toe ons standbeelde gevandaliseer is deur die EFF? Dit gaan nie help om nou iets daaroor te sê nie. Minderhede moet hul oë begin oopmaak oor wie die DA werklik is.

Johan ·

Minderheids groepe het geen kaans in SA onder DA of ANC nie…Hoekom, want minderheid regte = beskerm die Afrikaner.

chris ·

Dalk moet jy wakker skrik. Die DA gee baie meer om vir al die mense in die land as al die ander partye saam.

Elfie ·

Ja Chris ek stem, en hulle het wel hul sê gesê toe standbeelde gevandiliseer was – mense meot bietjie teruggaan in Maroela se nuusgebeur en LEES. Nou somemr weer hier kom snert kwytraak…

Freddie ·

Ek is onseker wat jy bedoel met “token”. Patricia is alles behalwe ‘n “token”. Sy is ‘n suksesvolle leier in eie reg. Of verstaan ek jou opmerking verkeerd?

Elfie ·

Ja Chris ek stem, en hulle het wel hul sê gesê toe standbeelde gevandiliseer was – mense meot bietjie teruggaan in Maroela se nuusgebeur en LEES. Nou somemr weer hier kom snert kwytraak…

Elfie ·

Verskoning vir die FINGERVOUTE (haha) My aanmerking moet lees: Ja, Chris, ek stem en hulle het wel hul sê gesê toe standbeelde gevandaliseer was.Mense moet bietjie teruggaan in Maroela nuusberigte en LEES. Om nou sommer weer hier te kom snert kwytraak…

Wim Kotze ·

Ai, sommige “settlers” se geheue is maar swak, of is dit die Stockholm sindroom?

Neptunus ·

Jip, dis wat dit is. En ons volkie gee nie om nie, solank hulle kan rugby kyk. Of dit nou in ‘n stadion vernoem na Peter Mokaba of Bob Mugabe is, kyk sal hulle kyk, maak nie saak of Rome brand nie. So ironies dat die meerderheid oud-KP en NP-ondersteuners nou saam die ou Progge in een bed is en ‘n oud-PAC grootkop as Wes-Kaapse leier het! Feite is werklik soms vreemder as fiksie.

Anita ·

Dankie Ian jou kommetaar is in die kol. Moes geweet het hier kom probleme toe DA n volksvreemde vir Gauteng gekies het!

Filipe ·

“Sjoe”, Shannon! Bedoel jy dat as dit nie wit is nie dan is dit nie reg nie?

Mike ·

Geen politieke party sal weer my steun of my stem kry nie, dis ‘n blote gepratery teen ‘n salaris van miljoene met geen noemenswaardige sukses nie. FW de Klerk was ‘n meester hierin, hy kon met jou praat vir ure maar niks se nie. Ek luister onwillekeurig ook somtyds na H Zille dis dieselfde woorde oor en oor wat op NIKS uitloop nie.

Dis tyd dat die mense self die bestuur van hulle eie toekoms oorneem en dit nie los in die hande van party politieke leiers nie. Wat in SA gebeur het oor die afgelope twintig plus jare is ‘n goeie bewys van wat gebeur as jy jou toekoms in die hande van party politici los.

Gwen ·

Hahaha. Een van die grootste manteldraaiers (saam met Roelf Meyer) in die Suid-Afrikaanse politiek. Ek wonder of De Lille EFF toe gaan die dag wanneer die DA ook nie meer in haar smaak val nie?

Die arme DA-ondersteuners darem…

nig ·

AG Gwen, gaan mooi die geskiedenis van HEELPARTY ander partye en hul leiers en dieselfde dinge het daar gebeur. Gaan mooi en ver genoeg terug! Ou partye word verlaat en nuwes gestig … dis nie net hier nie. De LIlle BO!

Sollie ·

Baie geluk – Me De Lille is ‘n sterk leier wat nie skroom om haar mening te lug nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.