Erge donderstorms verwag

Argieffoto.

Argieffoto.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gesê erge donderstorms word Maandag landswyd in verskeie provinsies verwag.

Dithuso Mogapi, ʼn weervoorspeller, het gesê daar is ʼn 60% kans vir donderstorms in Gauteng, die noordoostelike gedeeltes van die Vrystaat, die oostelike gedeeltes van Noordwes, die hoëveld in Mpumalanga, die suidelike gedeeltes van Limpopo, en westelike gedeeltes van KwaZulu-Natal.

Mogapi het gesê die weerstoestande sal na verwagting teen Dinsdag in die betrokke provinsies begin opklaar, behalwe in Gauteng waar daar ʼn 30% kans vir reën voorspel is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Pastoor . Gerhard Botha ·

Aanvalle soos hierdie van Ds. Pienaar moet vir elkeen van ons n oogwakker wees. Kom ons kyk maar net hoe word ons ” kuiermense” van die sypaadjies af geloop. In die winkels word ons erg stief behandel asof ons saam met die katte vis gesteel het. Ons ‘ kuiermense ‘ vergaan in die plakkers kampe en daar word te min gedoen om hulle te help. Is dit dalk moontlik dat Solidariteit my kan help met n idee wat ek het om bietjie verligting te bring in hierdie kampe.
Daar is altyd n weg waar daar n wil is. Wie van u wil my help om ons ‘kuiermense’ te help in die kampe. Ek vra nie geld nie, ek vra kennis – goeie geloof en n sterk gees. Om hierdie mense selfsorgend te kry is die begin tot n nuwe lewe vir hulle. U kan my WhatsApp op 082 866 8404 of skakel vir n afspraak. Alt kan u my op [email protected] kontak.
Salwings groet
Gerhard Botha ( Secunda )

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.