Eskom gee vrywillige skeidingspakkette

Eskom-kragstasie in Kriel, Mpumalanga Foto: thegreentimes.co.za

Eskom-kragstasie in Kriel, Mpumalanga Foto: thegreentimes.co.za

Eskom het Woensdag bevestig dat hy sy personeel versoek het om vrywillige skeidingspakkette te oorweeg.

“Ons kan bevestig dat ons ʼn proses aangekondig het waarvolgens werknemers kan aansoek doen om vrywillige skeidingspakkette,” het Andrew Etzinger, woordvoerder van Eskom, gesê. Volgens Etzinger moet die aansoeke teen Februarie ingedien word en alle aansoeke sal individueel oorweeg word.

Eskom se operasionele vereistes sal in die proses in ag geneem word ten einde te verseker dat kritiese en skaars vaardighede nie verlore gaan nie. “Ons het nie ʼn teiken nie. Dit is heeltemal vrywillig.”

Op ʼn vraag aan Etzinger of Eskom gedwonge afleggings sal oorweeg indien daar nie genoeg werknemers is wat skeidingspakkette aanvaar nie, het hy gesê: “In die stadium word daardie opsie nie oorweeg nie.”

Die beroep op werknemers om vir vrywillige skeidingspakkette aansoek te doen, is in lyn met Eskom se pogings om kostes te verminder. Eskom het Dinsdag sy interim finansiële resultate bekend gemaak vir die periode geëindig 30 September.

Eskom se ses maande jaar-op-jaar wins is tot R9,3 miljard verminder, met ʼn beoogde wins van R500 miljoen teen die einde van die jaar.

Etzinger het intussen ook gesê Eskom het nie ʼn moratorium op nuwe aanstellings geplaas nie. “In uitsonderlike gevalle sal ons in diens neem, maar sover moontlik probeer ons die aantal nuwe werknemers beperk.” Eskom het nagenoeg 43 000 werknemers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Anton ·

Nog n spook storie van Eskom hulle weet nie eers presies hoeveel mense hulle indiens het nie nou word daar geskat na genoeg 43000 dit is net nog n bewys hulle weet nie wat hulle doen nie

Paul ·

Net omdat daar in ‘n mediaberig staan “nagenoeg 43 000” beteken nie dat Eskom nie self weet nie.

nicolette ·

Jy slaan die spyker op die kop, Anton.Eskom is n riller……

Gerhard Bezuidenhout ·

Nagenoeg 43000 werknemers . Indien al 43000 produktief was sou daar geen kragprobleem gewees het nie.

truda fouche ·

die topstruktuur se salarisse is so groot. verminder die arbeidsmag, maar maak dit meer effektief deur mense met kundigheid, vaardigheid en wersketiek. vra sommer dat die regerering ook meer koste effektief moet wees. betaal almal af wat net soustrein ry.ons as belastingbetalers is moeg.

Francois ·

ESKOM was nog altyd die grootste soustrein na die regering!!!! Nou het die wiele af gekom,,ek like!!

Andre ·

Dieselfde gebeur in Telkom. Dit kos hulle ‘n fortuin aan uitbetallings om net weer nuwe mense aan te stel teen nog hoër salarisse.

violet botha ·

Eskom gaan sy laaste kundige mense verloor, dan is dit letterlik.nag vir SA.
miskien moet hulle die mense wat nie hulle werk doen nie afdank.. wat nog pakette gee.
Afirmative action het al die probleme begin, dit was forseer, ipv mense eers opleiding te gee. nou is daar base wat baie geld verdien en geen idee het wat aangaan nie. Intussen het kundige mense al lankal begin padgee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.