Eskom verklaar kragnoodtoestand

Foto: GCIS

Foto: GCIS

Eskom het Sondag ʼn kragnoodtoestand verklaar met groot industriële kliënte.

“Eskom het ʼn kragnoodtoestand verklaar met groot industriële kliënte, en hulle versoek om dringend hul elektrisiteitsverbruik vandag tussen 15:00 tot 20:00 met 10 persent te verminder,” het Eskom in ‘n verklaring gesê. “Die verklaring van ‘n kragnoodtoestand volg bykomend tot die implementering van fase twee beurtkrag vroeër vandag [Sondag].”

Volgens Eskom het die elektrisiteitsnetwerk ʼn toename in vraag ervaar weens die weerstoestande en verhoogde ladingsverliese as gevolg van verskeie opwekkingseenhede wat by die Majuba- en Matimba-kragstasies afgeskakel het. “Eskom het ‘n totaal van 1700MW se opwekkingkapasiteit verloor.”

“Eskom is nou besig om noodprotokol te volg in terme van sy noodtoestandprosedures om die kragstelsel te beveilig.” Weens die verlies van bykomende opwekkingskapasiteit, het Eskom om 12:00 Sondagmiddag met fase twee-beurtkrag begin en sal dit tot 22:00 Sondagaand voortduur.

“Die risiko van beurtkrag vir Maandag en Dinsdag is medium tot laag. Dit is weens die stadige vordering wat gemaak word in die proses om reserwes op te bou ten einde die moontlikheid van beurtkrag volgende week te probeer verminder,” het Eskom gesê. “Eskom doen ʼn beroep op alle elektrisiteitsgebruikers om dringend hulle geisers, swembadpompe en alle nie-noodsaaklike toestelle af te skakel ten einde die kragstelsel toe te laat om te herstel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Yolandi Oelofse ·

Kan julle asb die beurtkrag skedule van Klerksdorp stuur. Dankie

Yolandi Oelofse ·

Kan julle asb die beurtkrag skedule van Klerksdorp stuur. Want niemand, nie eers die Munisipaliteit kan iets se nie. Hulle weet ook nie, dis hul antwoord. Dankie

Elize de Klerk ·

As jy na eskom.co.za gaan en die instruksies volg kry jy die skedule vir elke plekkie of
gehuggie in RSA

Dave ·

Sien julle DA-stemmers waarvoor julle stem? Sien julle watter groot aandeel júlle het in die bankrotskap van Eskom? Wees stil en moet nie kla nie want julle kry immers waarvoor julle vra.

Dave ·

Dan is dit in jou hande om vas te stel in watter sone jy woon want Klerksdorp sal opgedeel wees in verskeie sones.

Dave ·

Ek het vir jou die Internet-adres hier geplaas Yolandi maar blykbaar is dit teen Maroela se gebruik om dit te doen. Soek dit self by Eskom se webblad.

Charles ·

Vir mense soos Dave…..

En my fabriek is sonder krag sedert gister …..thx vir FW en sy oogklap-liberale brigade wat my toekoms beïnvloed (bebloed los) !!! terloops : “Soweto inwoner het 14 jaar laas vir elektrisiteit betaal maar kry nog krag! Soweto weier om Eskom krag te betaal omdat die ANC gratis krag belowe het! Soweto’s unpaid bills add to Eskom’s financial woes Soweto residents owe Eskom R3.6bn in unpaid power bills they don’t ever intend to pay, compared to R2.6bn owed by the rest of the country. One resident, Zodwa Madiba has not paid an electricity bill in 14 years and is resolute she never will, holding the ANC to the vague promises it made in the dying days of apartheid to provide free electricity to all South Africans. Such defiance is widespread in the sprawling township of Soweto, crucible of the anti-apartheid struggle and home to 1.5-million people who, between them, owe state power utility Eskom R3.6-billion in unpaid bills. Although the sum is dwarfed by the R225-billion revenue shortfall Eskom says it faces over the next four to five years, it is important symbolically as the utility battles to raise money for new power stations needed to keep the lights on. Skrik Wakker!”

Ignaz Streicher ·

Sal ESKOM so gaaf wees en vir ons verduidelik waarom townships se sprei ligte elke dag steeds aan is? Nadeloos om te sê die goed hoort af in die dag, maar in hier HELP HELP tyd – is hulle steeds in die dag aan! Maak ‘n grap van die hele saak! Dis waarmee ESKOM besig is!

sophia ·

Ekt gehoor dis goedkoper om die ligte aan te hou want as dit afgeskakel word steel hul die drade ens!

Henk Swanevelder ·

Ignaz, daardie vraag moet jy aan jou munisipaliteit vra – hulle is verantwoordelik vir die interne verspreiding van elektrisiteit, wat dan straatligte insluit.

hester kuhn ·

Hulle is absoluut onbevoeg om hul werk te doen en ons verbruikers wat ten DUURSTE betaal moet daaronder ly! Wonder wat is volgende? Dankie Here, hulle kan nie die son wegvat nie!

Paplepel ·

Hulle kan dit nie wegvat nie, maar binnekort gaan hulle jou laat betaal daarvoor. Case in point: Ondergrondse waterverbruik vir boere. As hulle nie betaal nie word die boorgate toegemaak.

Joe64 ·

Ons is nog gelukig, Nigerië, DRK en ander het minder as 10 uur krag per 24 uur! En in sekere dele van Nigerië is dit vereiste om jou kragopwekker deur die PHCN meter te laat werk. Baie snaaks, dan betaal jy vir die krag wat jy self opwek! (PHCN – Power Holding Company of Nigeria)

Ina ·

Kan iemand van Eskom asseblief ons Munisipaliteit kontak en net vra dat hulle die straatligte deur die dag afskakel. Dis eerlik onnodig en ek glo mors elektrisiteit , Mogale City ..,

BullsEye ·

Die oorsaak van die noodtoestand is …. onbevoegdheid en gebrek aan beplanning en gebrek aan instandhouding en BREINKRAG!!

Dave ·

BullsEye, daardie stelling van jou is in die kol. En dìt verduidelik my heel eerste kommentaar waarin ek verwys na diegene wat stem daarvoor dat bevoegde blankes oorsee moet gaan werk soek en onbevoegdes belangrike instellings soos die land se kragsentrale hanteer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.