ʼn Groot brand woed Maandagmiddag in Reservoirstraat in Boksburg, aan die Oos-Rand van Gauteng.
“Daar is ses brandweerwaens op die toneel en brandbestryders probeer om die brand onder beheer te bring,” het Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Paramedici van Netcare 911 is tans op bystand.”
Steinmann het gesê die span sal op die toneel bly totdat die vlamme finaal geblus is om bystand te lewer indien daar enige beserings sou wees. “Gelukkig is geen beserings tot dusver aangemeld nie,” het sy bygevoeg.
Dis halwe beriggewing. Wat brand, is dit huise of besighede of store?