Foto’s: Minstens 4 geskiet in rooftog by Bedford-winkelsentrum

WAARSKUWING: Die foto’s onderaan die berig kan sensitiewe lesers ontstel.

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Minstens vier mense is geskiet tydens ʼn rooftog by die Bedford-winkelsentrum in Johannesburg.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, het gesê drie mans en ʼn vrou is geskiet. “Die pasiënte word almal op die toneel behandel waarna hul na nabygeleë hospitale geneem sal word vir verdere behandeling.”

Dit is in die stadium nog nie duidelik of dit rowers of inkopiegangers is wat geskiet is nie. Volgens berigte het gewapende mans die winkelsentrum binnegestorm en ʼn bank en nog ʼn winkel beroof voor hulle glo in die sentrum losgebrand het. Verskeie ambulanse is na die toneel ontbied.

Sers. Mduduzi Nhlabathi, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê hy is tans op die toneel en sal binnekort meer inligting kan verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

anet ·

Dit is verskriklik en tragies om deel te wees van so ‘n rooftog . Daar is nie meer respek vir Wet en Orde of mense se kwesbaarheid nie. Sterkte aan die mense wat beseer is, so ook aan hulle familie. Ek hoop dat hulle trauma beraading sal ontvang so spoedig moontlik.

ladybug ·

Mens kan dit nie meer waag in die publiek nie!

Duidelik dat misdaad hierdie jaar gaan hoogty vier!

Desperaatheid maak hierdie misdadigers gevaarlik! Phiyega!!!!!!!!!!!!!!!! Word wakker!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

ladybug ·

Mens kan dit nie meer waag in die publiek nie!

Duidelik dat misdaad hierdie jaar gaan hoogty vier!

Desperaatheid maak misdadigers gevaarlik! Phiyega!!!!!!!!!!!!!!!! Word wakker!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Griet ·

Volgens News24: “”Three customers, two security guards and two suspects were injured during the shooting.”

cr ·

En gaan kyk baie mooi op die fotos waar die beseerdes lê… Drie wit vroue help twee swart mans wat geskiet is. Hoe is dáái vir apartheid Mnr Zuma? Jou trawante skiet ons almal dinges toe endis hoe die mense mekaar help net om aan die lewe te bly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.