Foto’s: Swaarvoertuig vergruis bejaarde vrou in kar

Foto's: ER24

Foto’s: ER24

ʼn Bejaarde vrou is Vrydagoggend dood nadat ʼn swaarvoertuig omgeslaan en haar in haar voertuig op die M13 in Fields Hill, KwaZulu-Natal vergruis het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê dit is nog nie bekend hoe die ongeluk plaasgevind het nie.

“Toe paramedici by die toneel opgedaag het, het die swaarvoertuig met ʼn hyskraan op, bo-op die bejaarde vrou se motor gelê,” het Meiring gesê. “Die vrou was reeds dood.”kwazulu-natal-ongeluk-er24

Die vrou se liggaam moes uit die wrak gesny word. Die swaarvoertuig het groot betonblokke vervoer.

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.