Gebede vir sieklike Ollie Viljoen

Lees ook:
Ollie Viljoen oorlede

Ollie Viljoen. Foto: Facebook

Ollie Viljoen. Foto: Facebook

Ollie Viljoen se familie en ander bekendes in die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf het die publiek versoek om vir dié bekroonde musikant te bid, wat tans in ʼn hospitaal behandel word.

Die musikant Anton Goosen het Woensdag uit Hermanus in die Wes-Kaap aan Maroela Media gesê Viljoen is verlede week in die hospitaal opgeneem weens hartversaking en ander komplikasies.

“Ons gaan kuier elke dag by hom sedert hy opgeneem is. Hy is in ʼn baie goeie luim, maar mens kan sien sy lyf is bietjie moeg en wil nie saam met sy gees speel nie,” het Goosen gesê. “Hy is in goeie hande en het ʼn goeie span dokters wat na hom omsien. Hy het ook ʼn goeie ondersteuningsnetwerk.”

Daar word tans glo reëlings getref om Viljoen na ʼn hospitaal in Somerset-Wes oor te plaas vir gevorderde behandeling.

Steve Hofmeyr het Woensdag op Twitter geskryf: “’n Vinnige skietgebed vir die legendariese oom Ollie Viljoen wat opgeneem is in ‘n hospitaal in Hermanus.”

Die sanger Andries Vermeulen het op sy Facebook-blad gesê: “Ek doen ʼn beroep op almal wat omgee, om die legendariese Oom Ollie Viljoen op te dra in jul gebede en hom voor Jesus se voete neer te lê. Hy is tans in die hospitaal en baie siek!”

Karen Zoid het ook op Facebook aan Viljoen hulde gebring en gesê: “Woorde kan nie beskryf hoe spesiaal jy is vir my nie. Lief vir jou Ollie. X”

Viljoen is bekend vir sy geesdriftigheid en is een van die “groot geeste” wat gevra is om by vanjaar se Oppikoppi-fees saam met onder meer Hugh Masekela op te tree. Oppikoppi vind van 7 tot 9 Augustus in Northam in Limpopo plaas. Dit is nog nie bekend of sy optrede gekanselleer gaan word nie. Die feesorganiseerder beskryf Viljoen as “stout, entoesiasties en altyd gereed vir ʼn deuntjie, of drie”.

Viljoen, in sy 70’s, het in 2007 van Gauteng na die Wes-Kaap verhuis vir sy aftrede. Hy het hom steeds besig gehou met CD-opnames, toere, produksies en solovertonings dwarsoor die land.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Mariette Masser ·

Baie sterkte – ons gebede is by jou Ollie en jou familie. Don’t Ever Give Up!!

Rosa ·

Wens Ollie Viljoen sterkte en vinnige beterskap toe. Sterkte ook aan sy familie. Die man is ‘n legende en ons hoop hy sal sommer gou weer beter voel.

Ben Schultz ·

Ek en my vrou sal ook vir jou bid ou Ollie. Jy verteenwoordig alles wat goed is in hierdie SA van ons. Sterkte!

Hennie van Wyk ·

Ja oom Ollie het saam my oorlede broer Sewis van Wyk en oorlede Nico van Rensburg, Sollie Marais, Paul Ferns gespeel by ‘n trap orrel fees in Lydenburg. My broer het die fees vir twee jaar gereel. Dit was in 1992 en 1993. Sterkte oom Ollie.

Karen Burger(Kruger) ·

Ek was in my 1ste jaar op Goudstad Onderwyskollege toe Ollie se vrou Estelle my gevra het om in n video vir Chris le Roux op te tree.Ek was so beiindruk met oom Ollie en die produksie daardie dag.Hulle het my na die tyd by my koshuis gaan aflaai.Ek het hom net een dag geken maar ek koester dit as een van my beste dae.Innige simpatie aan sy familie.

Stefan de Bruin ·

Rus in vrede, oom Ollie. Jou afsterwe laat ‘n groot leemte. Mag God jou familie en geliefdes ryklik vertroos in hierdie tyd.

Linda ·

Inige simpatie aan die familie. Veral die dogter en seun. Ek dink hulle gaan nou weer musiek maak daarbo. Die meeste van hulle is nou daar. Olie was 16 jaar oud toe hy begin het in my Pa se Boere orkes. Arnout Malherbe.

Eric Carolus ·

Ollie het nuwe lewe gegee aan ou bekende liedjies toe hy Jazz weergawes daarvan gedoen het. Op Saterdag 6 September om 1 uur nm doen ek ‘n huldeblyk vir Ollie Viljoen in my program MUSIEK IN AFRIKAANS op Radio Weskus 92.3fm.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.