Goeie nuus: Brandstofpryse daal

petrolDie departement van energie het Vrydag aangekondig dat brandstofpryse volgende week verder gaan daal.

Die prys van alle grade petrol sal Woensdag met 93c per liter daal terwyl die prys van diesel met R1,02 sal daal.

93-oktaan petrol in Gauteng sal na die daling skaars meer as R10 per liter wees, ʼn vlak wat laas in middel-2011 gesien is. Februarie se petrolprys sal sowat 28% laer wees as die nominale rekordprys van R14,16 wat motoriste in April 2014 vir 93-oktaan petrol in Gauteng moes betaal.

Paul Joubert, senior ekonomiese navorser van die Solidariteit Navorsingsinstituut, het vroeër gesê dit lyk of Februarie se prysdaling die laaste noemenswaardige daling in die korttermyn sal wees, aangesien dit nie tans voorkom asof oliepryse nog veel verder gaan daal nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.