Goeie nuus: Brandstofpryse daal

Argieffoto

Argieffoto

Die departement van energie het Vrydag ʼn daling in die petrolprys aangekondig.

Die prys van alle grade petrol sal volgende maand met 69c per liter daal. Die prys van diesel sal met 53,3c tot 54,3c per liter daal.

Die nuwe pryse tree Woensdag in werking.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Dr P E van der Dussen ·

Dit is alles goed en wel, maar die werklike gemiddeelde oorverhaling vir die tydperk 31 Oktober tot 27 November was aansienlik ho-er as die aangekondiggde prysverlagings. Die rede daarvoor is dat die minister oftewel die Kommunistiese anti(!?)-Kapitalistiese regime dit goedgevind het om die oliemaatskappye se winsgrense op te stoot. In petrol se geval bedra die maatskappye se aandeel vanaf Woensdag R2,149 per liter teenoor R2,028 in November en R1,989 in Junie 2014. Ten opsigte van Junie sal dit ses maande later in Desember 8,5% meer wees, wat op ‘n jaastyging van meer as 15% neerkom. Diesel se toedrag van sake is soortgelyk, behalwe dat vulstasies (wat deur die hoofmaatskappye beheer word) self(?) besluit hoeveel van die verhoging van die groothandelsmarge (wat na die oliemaatskappye gaan) aan dieselverbruikers deurgegee word….. Die einduitslag sal baie na aan die geval van petrol wees.
Daar is nogtans twee goue randjies aan die donker wolke. Die eerste is die skerp daling in SASOL se aandeelprys, wat daarop dui dat die afwaattse gamg van petroleumpyse nog nie verby is nie – beleggers stel immers nie net in huidge diwidend beelang nie maar ook in toekomstige wins. Die tweede goeie ding bevestig die genoemde moontlikheid van ‘n verdere prysdaling in Januarie. Die oorverhaling vir petrol was ongeveer 125c/liter op 27 November en sal waarskynlik daar bly vir die eerste drie waarnemingsdae (28 November en 2-3 Desember) van die nuwe waarnemingstydperk van 21 werksdae tot 31 Desember bly. Om ‘n gemiddeld van R1,25 in die daaropvolgende dae tot nul te verwerk, sal ‘n gemiddelde onderverhaling van R1,07 vereis, wat volgens die huidge gang van sake buite rekening gelaat kan word. Eerder dui alles, SASOL se aandeelprysdaling ingesluit, op ‘n volgehoue daling in brandstofpryse in Janiuarie en miskien selfs verder.
Moet asseblief nie aflei dat ons daaroor bly en teenoor die regime dankbaar moet wees nie. Die brandstofprysformule van 1936, met geen beginselwysiging sedertdien nie, is ideaal geskik vir benadeling van die verbruiker om sy afhanklikheid van ander te bevorder, soos die Kommuniste dit wil he – Vadertjie Staat met volle gesag oor die lewe van die bevolking. Vavi se onlangse uitspraak dat COSATU nooit sal toelaat dat ESKOM geprivatiseer word nie, is nog ‘n aanduiding daarvan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.