Goeie nuus: Hond ná 10 maande, 170 km terug by die huis

Die foto van Keeno is op sosiale media versprei en het gesorg dat hy met sy eienaars herenig is.

Die foto van Keeno is op sosiale media versprei en het gesorg dat hy met sy eienaars herenig is.

ʼn Vrou van Centurion het ʼn vroeë Kersgeskenk gekry nadat sy ná 10 maande met haar geliefde Yorkshire-terriër herenig is.

Keeno het in Februarie vanjaar in Lyttelton vermis geraak. Elmarie Koster, sy eienaar, het ʼn reuse veldtog op sosiale media van stapel gestuur en het onder meer ʼn spesiale Facebook-blad opgerig om te help in die soektog na haar hondekind.

Elmarie het Maandagaand ʼn inskrywing op Facebook gesien wat onmiddellik haar aandag getrek het. ʼn Persoon het ʼn foto van ʼn Yorkshire-terriër gedeel wat by die DBV in Potchefstroom ingehandig is. “Ek het die krul in sy hare herken,” het sy gesê. Elmarie het onmiddellik deurgery Potchefstroom toe.

“Toe die bestuurder die hek oopgemaak het, het ek geweet dis ons Keeno. Hy het teen my opgespring, ek het hom opgetel en hy het my in die gesig gelek. Dit het gevoel of ek droom.”

Elmarie het gesê dit is nog nie duidelik hoe Keeno in Potchefstroom beland het nie. “Hy is baie maer, sy hare is vaal en hy het sere op sy vel.” Keeno het reeds die veearts besoek en is terug by die huis.

Elmarie het almal bedank wat met die soektog na die hondjie gehelp het. “Moet nooit in God twyfel nie. Alles in die lewe is deel van ʼn een groot legkaart. Ons weet nie hoekom dinge gebeur nie maar God ons Vader is in beheer. Sonder hom is ons niks.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

anet ·

Elmarie, ek is baie bly saam met jou. Dit is wonderlik dat jy vir Keeno gevind het. Heerlike Kersfees vir julle !!!!

Adri ·

Amen. God is goed en Hy het selfs deur die hartseer ons gewys hoe Groot en Almagtig Hy is.

Louisa Bruwer ·

Elmarie,ek het jou posts oor Keeno gevolg en my hart het gebreek vir jou.Ek is so bly vir jou en Keenotjie dat hy terug is by jou.Julle verhaal inspireer mens om nooit in ‘n hoop te gaan sit nie,iets daadwerkliks te doen.en dat die hoop nie beskaam nie.Geseënde Kersfees!

Elmarie,ek het jou posts oor Keeno gevolg en my hart het gebreek vir jou.Ek is so bly vir jou en Keenotjie dat hy terug is by jou.Julle verhaal inspireer mens om nooit in ‘n hoop te gaan sit nie,iets daadwerkliks te doen en dat die hoop nie beskaam nie.Geseënde Kersfees!

Marie ·

Sjoeh Elmarie,jys wragtig een woef mamma duisend. Nooit opgegee om haar dierekind te soek nie. Ek het weekliks jou posts van verskeie mense gesien! Is regtig bly Keeno is nou veilig terug in jou arms. Mag die res van jul jare saam net vreugde en geluk wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.