Goeie nuus: Ses kamma-polisiemanne in Johannesburg in hegtenis geneem

boeie 5

Argieffoto

Ses mans is Woensdagaand in Langlaagte in Johannesburg in hegtenis geneem nadat hulle hulself glo as polisiebeamptes voorgedoen het.

Lt. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê die “beamptes” het by ʼn plaaslike fabriek opgedaag om daar vir dwelms te soek. Hulle het na bewering geld gesteel en ʼn pakkie dwelms geplant.

“Die eienaar het die Langlaagte-polisie gebel, en met hul aankoms het hulle die verdagtes op heterdaad betrap,” het Makhubela gesê.

Verdere ondersoek het bepaal die verdagtes word vir verskeie misdade in Gauteng gesoek.

Die mans moet binnekort in die Johannesburgse landdroshof verskyn op verskeie aanklagte, waaronder die voordoen as polisiebeampte, dwarsboming van die gereg en die besit van dwelms.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

scalla ·

Skelm verby. saps het reeds so swak naam en dan buit hul dit nog uit ook, straf hulle swaar asb

Tammy ·

Sluit hulle vir baie jare toe sodat hulle kan dink oor hulle agterbaksheid. Hulle moet n vrees kry vir die gereg. Sal hopelik na n lang vonnis berou he oor hul dade!!

Anton Smit ·

Hoe lank voor hulle weer op vrye voet is na aanleiding van swak ondersoek werk wonder maar net.

ladybug ·

WTF! Waar kry hulle die uniforms ens.? Kriminele tjomme in SAPS wat hul supply! Hel, daar is so baie van ons wat probeer om die polisie se beeld op te bou en dan is daar net soveel meer wat die beeld skade aandoen!

Swanna ·

Vrae dit waar kry hulle die uniforms? Soos jy sê ‘n tjommie in die polisie self. Ondersoek die saak deeglik, die tjom is dalk die brein agter die hele storie en ook hulle voorsien met die dwelms en ook hoe om hulle te plant.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.