Griekwastad-moorde: Seun het ‘pragtige persoonlikheid’

Die 17-jarige seun wat skuldig bevind is aan die Steenkamp-gesin se moorde in Griekwastad

Die 17-jarige seun wat skuldig bevind is aan die Steenkamp-gesin se moorde in Griekwastad

Die jong seun wat die Steenkamp-gesin in Griekwastad vermoor het, was tydens laerskool en hoërskool ʼn goed-aangepaste individu, het die Noord-Kaapse hooggeregshof Dinsdag gehoor.

Regterpresident Frans Kgomo hoor tans getuienis aan ter versagting in die vonnisoplegging van die 17-jarige seun wat skuldig bevind is aan die moorde. “Dit blyk dat die seun sosiaal goed aangepas het en goeie verhoudinge met vriende gevorm het,” het Eon Sonnekus, ‘n kriminoloog, getuig.

Riaan Bode, die seun se regsverteenwoordiger, het Sonnekus as die verdediging se eerste getuie geroep om ter strafversagting te getuig. Sonnekus het getuig dat een van die seun se vriendinne verduidelik het dat hy haar en haar vriende altyd baie goed behandel het.

Sonnekus sê die vriendin het baie tyd saam met die seun oor naweke deurgebring en dat sy by tye alleen saam met hom in die veld was. “Hy het haar soos ‘n dame behandel. Die meisie was nie bang vir die seun nie.”

Sonnekus het ook oor die seun se karakter getuig en sê bewyse dui daarop dat hy ‘n regte plaasseun was. Die hof het gehoor dat die seun nooit rof gespeel het of ander kinders geboelie het nie. Hy was ‘n rustelose kind wat konstant wou besig bly. Ander kinders was nooit bang as hy vuurwapens hanteer het nie en hy het dit altyd in ‘n veilige manier gedoen.

Sonnekus sê volgens die seun se grootouers het hy ‘n pragtige persoonlikheid. “Die grootouers het getuig van goeie karaktereienskappe.” Sonnekus sê die seun se goeie karakter is ook deur vriende bevestig. Hy sê die seun is steeds in sy vroeë adolessente ontwikkeling en nie ‘n geharde krimineel nie.

“Die programme van korrektiewe dienste moet ‘n kans gegun word om die seun se gedrag te hervorm.” Sonnekus het ook getuig oor die seun se gedrag sedert die moorde. Die saak duur voort.

Die 17-jarige is skuldig bevind aan die moord op Deon Steenkamp (44), sy vrou Christel (43) en hul dogter Marthella (14). Hy is ook daaraan skuldig bevind dat hy Marthella verkrag het en ʼn klag van dwarsboming van die gereg.

Lees ook:
Griekwastad-moorde: Voog wil dalk appelleer
Griekwastad-moorde: “Mans mag nie huil nie”
Vonnisoplegging begin vir Griekwastad-moordenaar
Geen borgtog vir Griekwastad-moordenaar
Griekwastad-moorde: Hier is die uitspraak
Griekwastad-moorde: “Die domste plaasaanvaller in Suid-Afrika”
Griekwastad-moorde: Uitspraak vandag verwag
Griekwastad-moorde: Staat sê seun is skuldig
Griekwastad-moorde: Verkragting en moorde hou nie verband nie
Griekwastad-verhoor hervat
Griekwastad-moorde: Seun se aansoek misluk
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat
Griekwastad-moordverhoor: Regter beslis oor uitstel
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat vandag
Griekwastad-moorde: Tiener pos regspan
Staat: ‘Griekwastad-moorde was beplan’
Griekwastad-moorde: Dié vonnis as hy skuldig is
Griekwastad-moorde: Slotbetoë vandag verwag
Huisgenoot tereggewys oor Griekwastad-tiener
Griekwastad-moorde: Verhoor onverwags uitgestel
Video: Griekwastad-moorde: Verkragting was dalk die motief
Griekwastad-moorde, verkragting aan mekaar verbind; saak uitgestel
Griekwastad-moorde: Seun se getuienis “onmoontlik”
Griekwastad-moorde: Verdagte het glo niks gehoor
Video: Moeilike vrae aan Griekwastad-verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte se kruisverhoor hervat
Griekwastad-verdagte getuig
Griekwastad-moorde: Verdagte begin getuig
Griekwastad-moorde: Staat sluit saak af
Griekwastad-moorde: “Tiener se verklaring klop nie”
Griekwastad-moorde: Marthella se bloedspoor vertel gru-verhaal
Griekwastad-moorde: Raaisel oor onbekende vingerafdruk dalk opgelos
Griekwastad-moorde: Elke slagoffer met twee vuurwapens geskiet
Griekwastad-moorde: DNS-monsters onder loep
Griekwastad-moorde: DNS-kenner se getuienis vandag verwag
Griekwastad-moorde: Geen kruitneerslag; hof hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Steenkamps is verskeie kere geskiet
Griekwastad-moorde: Dokter praat oor beweerde verkragting
Griekwastad-moorde: Media mág hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Hof mag dalk nie hoor oor Marthella se nadoodse ondersoek
Griekwastad-moorde: Inligting op seun se selfoon uitgevee
Griekwastad-moorde: T-hemp dalk tydens rugbywedstryd uitgerek
Forensiese kenner praat oor bewyse op T-hemp
Griekwastad-moorde: Verhoor duur voort
Griekwastad-moorde: Plaasarbeiders getuig
Griekwastad-moorde: “Tiener was histeries”
Griekwastad-moorde: Saak hervat vandag
Griekwastad-moorde: Polisie ontken bewerings deur AWB-vrou
Griekwastad-moorde: Saak gaan voort ondanks “belydenis”
AWB-lid beweer betrokkenheid by Griekwastad-moorde en ander plaasaanvalle
Griekwastad-moorde: Saak wéér uitgestel
Griekwastad-moorde: Saak weer uitgestel
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat vandag
Griekwastad-moorde: Seun erf R23 miljoen
Griekwastad-verhoor uitgestel
Griekwastad-moordtoneel glo “ongewoon”
Griekwastad-moord: Jeugdige het glo sielkundige gesien
Griekwastad-inwoners herleef trauma
Griekwastad: Kameras het glo nie gewerk nie
Boer vertel van Griekwastad-moord
Griekwastad-moorde: Hof besoek moordtoneel
Griekwastad: Vingerafdruk ‘n raaisel
Griekwastad: Bewysstukke reg hanteer
Foto’s van Griekwastad-slagoffers in hof gewys 
Griekwastad-moorde: Seun pleit onskuldig
Griekwastad-moorde: Verhoor begin vandag
Griekwastad-moorde: Verdagte ook van verkragting verdink
Griekwastad-moorde: Uitspraak oor appèlaansoek
Griekwastad-moorde: Seun hoor oor borg
Griekwastad-moorde: Seun hoor amper oor borg
Griekwastad-moorde: Seun dalk weer agter tralies
Griekwastad-moorde: Staat appelleer vandag
Griekwastad-moorde: Verhoordatum bekend
Griekwastad-moorde: Seun se voog en skool skik buite hof
Skool moet Griekwastad-moordverdagte terugvat maan voog
Griekwastad-moorde: Staat appelleer teen borguitspraak
Griekwastad-moorde: G’n skool vir verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte kry borg
Griekwastad-moorde: Meisie nie seksueel aangerand
Griekwastad-moorde: Koelbloedig en vooraf beplan
Forensiese toetse lei glo tot inhegtenisname
Griekwastad-moorde: Familielid vas
Griekwastad-moorde: Polisie ondersoek selfmoordpakt
Ouers wil Don glo nie by skool hê 
Griekwastad-moorde: Seun is bewus van gerugte
Tiener glo verdink van Griekwastad-moorde
Foto’s: Drie van Steenkamp-gesin roerend gegroet
Griekwastad-moorde: Seun kry glo regshulp
Griekwastad-moorde: Polisie wag op uitslae van forensiese toetse
Sussie sterf in sy arms
Drie van gesin op plaas doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Monica ·

Ongelooflik! Hulle beeld hom as ‘n engel uit. Sou eerder dink dat as hy hom so goed voordoen en dan kan verkrag en moor … dan is hy eintlik boos.

nika ·

Hy’t mooi maniere gehad,is goed opgevoed,het goed met sy ouers&suster oor die weg gekom. Hulle was ook nie bang vir hom nie…,MAAR kyk waar’s hulle nou….

Maggie ·

Dit is nou soos ware christene klink ne? julle kommentaar is uiters swak en laat ‘n geur van swak karakter deur. Ek sou my kop in skaamte laat sak as ek julle was. As daar so iets sou bestaan by julle.

se net ·

Jul almal oordeel iemand wat nog nie eers skuldig bevivd is nie jy is onskuldig tot skuldig bevind.se nou net een van jul was in sy skoene n iemand anders het die moord gepleeg n bleik als dat jy die skuldige is wat sou jy doen as jy geoordeel word n volgens wat ek verstaan se die Bybel jy mag nie oordeel ni so as jul sogename christene is hkm oordeel jul ander vra maar net

Theresa ·

Jip. Modelseun. Tot sy kop weer uithak. Dan wil ek sien hoe dans diegene wat hom so ophemel, rond. Manupileerder uit die boonste rakke. Gee hom ‘n medalje.

Blikskim ·

Amper soos ‘n ander persoon wat ook nou baie publisiteit geniet.. Hulle albei verdien Oscars vir hulle vertonings.

Hettie ·

Se net, ek se net vir jou hy is reeds skuldig bevind hoor jy volg duidelik nie die storie nie, hul getuig nou maar net ter versagting of “verharding” van sy vonnis.

Lize ·

Wie is ons om so te praat oor watse mens hy is? Net omdat hy skuldig bevind is, beteken nie hy is nie. Daar is prokureurs wat veg tot die dood om dit te bewys, en onskuldige mense vir jare wegsit. Was daar nie so tydjie terug iets gesê in die media oor hom wat moontlik onskuldig kan wees nie? Weens ons tragiese SAPD wat nie hul werk ordentlik kan doen nie? Daar sal nie so baie mense goeie goed getuig, indien dit nie die waarheid is nie.

Elizabeth ·

@Lize en Maggie – stem SO saam. Die ander wat so vinger wys – al ooit gehoor van “Die oordeel kom my nie toe?” Sy grootouers het hul kinders verloor en tog sê hul goeie dinge van die seun – laat mens dink ne!

SKANDE! ·

Ja nee, die spul klipchristene wat alweer hul monde uitspoel hier. NIEMAND weet regtig wat gebeur het en VERAL nie wat aanleiding tot die tragedie gegee het nie. Lees maar van “wonderlike” ouers oral in koerante wat later bewys is as kindermishandelaars ens – almal goeie christelike fronte voorgehou en die kinders moes jare lank ly. Oee en nou spring almal weer op my want ek veroordeel – NEE lees mooi wat ek sê en dink bietjie mooi vir ‘n slag. Net sowel as wat almal nou sê die seun gee voor hy is so en so maar hy is die “duiwel” en weet nei wat alles, netsowel kan ek dan sê sy ouers was nie wat hul voorgegee het nie!

alta fourie ·

Al was die ouers dalk nie wat hul voorgegee het nie! Jy vermoor nie links en regs mense nie en dit nog jou ouers en suster! Jammer ek stem nie saam. Niks kan dit wat gedoen is regverdig nie!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.