Grondwethof genader oor politieke partye se donateurs

Argieffoto

Argieffoto

‘n Aansoek is by die konstitusionele hof ingedien om politieke partye te dwing om hulle donateurs bekend te maak, het City Press Sondag berig.

Die organisasie My Vote Counts voer aan dat daar ‘n “afwesigheid van voldoende en akkurate inligting oor elke party se waarskynlik lojaliteite is”.

Die organisasie versoek die konstitusionele hof om die parlement te dwing om ‘n reël te maak waarvolgens politieke partye hulle private donateurs bekend moet maak.

Verskeie politieke partye, die voortsittende beamptes van die parlement, president Jacob Zuma, adjunkpresident Cyril Ramaphosa en Michael Masutha, minister van justisie, is as respondente gelys in die saak.

Die saak is op 16 Julie by die hof ingedien en dit is nog nie bekend wanneer dit aangehoor sal word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.