Groot visse vir Vryheidsfront Plus se kandidatelys

Dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus

Dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus

Verskeie bekendes, waaronder ook parlementslede van die DA, is nou onder die Vryheidsfront Plus se top 25 kandidate.

Onder die mees insiggewendes tel die leier van die Afrikanerbond, mnr. Pieter Vorster, wat ook ‘n Bloemfonteinse regsgeleerde is. Vorster het met onmiddellike effek as AB-leier bedank. Hy is vyfde op die VF Plus se kandidatelys.

Nog ‘n bekende wat sy merk as gemeenskapsleier gemaak het, is dr. Laurie Bosman, wat voorheen president van Agri SA was, voor hy vir die DA as parlementslid gewerf is. Bosman is sesde op die lys.

Nog ‘n bekende DA-parlementslid wat hom nou op die VF+ se kandidatelys bevind, is die gewese radio-omroeper, Niekie van den Berg. Hy is tiende op die lys.

Nog ‘n DA-parlementslid met sy oog op die VF-stels, is Theo Coetzee van Bloemfontein, wat agtiende op die lys is.

Die VF+ het nou vier parlementêre setels.

Die eerste 15 kandidate op die lys is:

1.      Dr. PWA (Pieter) Mulder
2.      Dr. PJ (Pieter) Groenewald
3.      Dr. CP (Corné) Mulder
4.      Mnr. Wouter Wessels
5.      Mnr. PJ (Pieter) Vorster
6.      Dr. Lourie Bosman
7.      Dr. Wynand Boshoff
8.      Mnr. Andrew (André) Fourie
9.      Me. Amanda de Lange
10. Mnr. NJ (Niekie) van den Berg
11. Mnr. Pieter (Piet) Mey
12. Mnr. FC (Franco) de Lange
13. Mnr. WL (Werner) Weber
14. Mnr. PA (Philip) van Staden
15. Mnr. FJ (Cois) Robbetze

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Grassie ·

Heierdie geflikvlooiery met gewese DA kandidate is vreemd. Iewers het gesindhede verander. Dit laat `n mens wonder – het die VF+ nou na links beweeg sodat hulle vir die liberales aanvaarbaar geword het, of het die ander klomp nou skielik konserwatiewe sentimente begin ontwikkel. Veral ou Niekie se betrokkenheid laat die wenkbroue lig. Ek het my twyfels – die tyd sal leer.

Mike ·

Die DA sal mettertyd verswart en later verdwyn intussen dink ek die VF sal sy plek vat as tuiste vir die meer links liberale blanke wat uitgeskop word deur die DA.

Hans Onrust ·

er waren laatstelijk gesprekken tussen de heer Mulder en een VS onderminister over de landbouwproblematiek.

Heeft de heer Mulder deze gelegenheid te baat genomen om nog eens de puntjes op de i te zetten aangaande de in de VS ook bekende Plaasmoord en de destructieve werking die daar vanuit gaat voor heel SA en specifiek de Boere of ging dit uitsluitend over tonnages mellies en m3 melk ?

Dat lijkt een gewichtig item voor de terugloop van het vertrouwen van velen die niet meer stemmen ?

Coleen Irvine ·

Ek is werklik geskok dat die VF+ die arrogante linksgesinde Niekie van den Berg op sy kandidatelys geplaas het. Met hom in die VF+ kan ek maar net sowel vir die EFF stem! Wie sal ooit vergeet hoe hy op RSG se Sê Wie voortdurend die linkse liberales se kant gekies het en die meer konserwatiewes ongemanierd behandel en afgesny het! (Nou hoop ek sommer die VF+ kry net genoeg stemme om 9 parlementslede verkies te kry).
Maar so draai die wiel… noudat hy sonder werk sit en niemand hom wil hê nie, nou is die konserwatief-gesindes goed! Pieter Mulder moet oppas, sy leiersposisie is in gedrang!!
Nee wat, ek dink die VF+ gaan ook nou oorboord soos die DA. Dink julle nie dis tyd vir ‘n nuwe vars party in die politiek nie… ‘n party wat almal in alle opsigte regverdig en gelyk behandel nie?

Mike ·

Coleen ek besef nou dat wat Front Nasionaal vir ons probeer verduidelik het aangaande die VF al die tyd waar is. Die VF het nou ‘n party geword waar al die ou aartsliberaliste saamkoek om die partytjie mettertyd van koers af te dwing soos wat hulle met die NP ook gedoen het. Ek is klaar met die VF en sommer party politiek ook ek sal in die toekoms eerder die volksraad steun vir wat dit werd is.

Paul ·

Ek voel so gerus met ou Niekie as een van die VF+ se kandidate soos oor die laksman met die byl omhoog om my kop af te kap.

Deon Rademeyer ·

Is daar dan geen ander kandidate met n meer credible CV as die oorlopers vanaf die DA nie? As die liberaliste n opsie is, het VF+ erens Totaal verkeerd gegaan. En om hulle n kans te gee om hulle te bewys, is soos om strignien te drink om dit n kans te gee om te bewys dit is nie gevaarlik nie. Ek is baie jammer om te hoor van die fatale fout.

Sannie Symington ·

Ek wou nog altyd weet of die VF+ se enigste beleid is om die DA af te kraak. Ons het nou gesien hoe onsuksesvol hulle was. Ek stem saam met die idee dat alle partye onder 2% gediskwalifiseer word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.