Heilbron-stadsaal aan die brand gesteek

Argieffoto

Argieffoto

Die stadsaal in Heilbron in die Vrystaat is Sondag in die vroeë oggendure deur ʼn brand verwoes.

Konst. Masilela Langa, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die stadsaal is rondom 01:30 aan die brand gesteek.

Volgens Langa is ʼn motor voor ʼn hotel in Heilbron vroeër die aand ook aan die brand gesteek. Dieselfde verdagtes het daarna ʼn geskenkwinkel se venster gebreek en vermoedelik probeer om die winkel ook aan die brand te steek, maar kon nie daarin slaag nie. Die stadsaal was kort daarna in ligte laaie.

Die motief vir die brandstigting is nog onduidelik, het Langa gesê. “Die hekke na die stadsaal sowel as die deure van die saal was wawyd oop, maar ons kon nog nie vasstel of dit met geweld oopgebreek is nie.”

Die saal met al sy inhoud is heeltemal vernietig, het hy gesê. Niemand is in die voorval beseer nie en ʼn saak van brandstigting is aanhangig gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Marcus ·

Onaanvaarbaar.
Klink nie soos haatspraak nie maar beslis haatdaad.
As Regering/Polisie nie ingryp nie gaan ons ‘n “veldbrand” van ‘n ander aard sien!!
NS: Die bidders moet maar intree!

Anton Smit ·

Ja so sal hulle nog die hele land afbrand want die polisie kan nie eers hulle self beskerm nie

Peet Schabort ·

Een van die dae kan Jan terugkom en hy gaan net een verandering sien want i.p.v. Herrie sal JZ vir hom wag.

Kathy ·

Die berig is nie heeltemaal korrek nie, aangesien ons almal in die dorp weet die hekke en deure was nooit gesluit na n party nie. Dis brandstigters wat al meer as drie jaar die dorp teister deur motors, besighede en huise aan die brand te steek.

nic ·

Daarbenewens val Heilbron onder die Ngwathe munisipaliteit van Parys, met die brandweerstasie 120km weg. Ek sien nie dat iemand vra waar was die brandweer nie?

Peet Schabort ·

Nic, dit kan wees dat die meeste mense al bewus is dat daar nie meer so-iets is. Op Deneysville het daar by die SAPD vir maande ‘n brandweerwa gestaan wat in ‘n ongeluk betrokke was wat afkomstig is van Sasolburg. Dié is nou weg en mens wonder waarheen. ‘n Noodvoertuig wat so lank buite aksie is? Mens kan net gis.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.