Hennie Aucamp oorlede

Hennie Aucamp by Woordfees in Stellenbosch, 2010 Foto: NB Uitgewers (Books Live)

Hennie Aucamp by Woordfees in Stellenbosch, 2010 Foto: NB Uitgewers (Books Live)

Die bekende Afrikaanse digter en skrywer Hennie Aucamp is Donderdagaand oorlede.

Amanda Strydom het op haar Facebook-blad geskryf: “Coenie de Villiers het sopas laat weet Hennie Aucamp is gisteraand in sy slaap oorlede. Ek het nie woorde nie. Totsiens, Meester, tot weersiens. Daar was net een soos jy.”

Aucamp het bekendheid verwerf as akademikus, dramaturg, kabaret- en kortverhaalskrywer, en digter. Hy is op 20 Januarie 1934 in Dordrecht in die Oos-Kaap gebore. Hy was 30 jaar lank verbonde aan die Fakulteit van Opvoedkunde aan die Universiteit van Stellenbosch, tot met sy uittrede in 1994.

Ilse Salzwedel het onlangs in die program, Skrywers en Boeke op RSG, hulde gebring aan Aucamp. Sy gesels met prof. Andries Visagie (UP), prof. Louise Viljoen (US) en prof. Helize van Vuuren (NMM) oor sy werk. Klik hier om na die podsend te luister.

Van sy kortverhale sluit in (Bron: Wikipedia):
Een somermiddag (1963)
Die hartseerwals: verhale en sketse (1965)
Spitsuur (1967)
’n Bruidsbed vir Tant Nonnie (1970)
Hongerblom: vyf elegieë (1972)
Wolwedans: ’n sort revue (1973)
Dooierus (1976)
Enkelvlug (1978)
Volmink (1981)
Vir vier stemme (1982)
Wat bly oor van soene? (1986)
Dalk gaan niks verlore nie en ander tekste (1992)
Gewis is alles net ’n grap en ander stories (1994)
Ook skaduwees laat spore (2000)
In die vroegte: herinneringe en refleksies (2003)
‘n Vreemdeling op deurtog (2007)

Van sy digbundels sluit in (Bron: Wikipedia):
Die lewe is ’n grenshotel: ryme vir pop en kabaret (1977)
Die blou uur: 50 cocktail-kwatryne (1984)
Rampe in die ruigte: fabels vir almal (1996)
Koerier: 69 opdrag- en ander kwatryne (1999)
Lyflied: ’n keur uit sy liedtekste (1999)
Hittegolf: wulpse sonnette met ’n nawoord (2002)
Dryfhout: 40 verse (2005)
Vlamsalmander (2008)

Van die toekennings wat hy ontvang het (Bron: Wikipedia):
1970 – Tafelbergprys
1974 – W.A. Hofmeyrprys
1980 – ATKV-prys vir Drama
1996 – Recht Malan-prys
1982 – Hertzogprys
1987 – Fleur du Cap-toneelprys
2004 – ATKV-Prestigetoekenning
2004 – Fleur du Cap-teaterprys vir lewenswerk en bydrae tot teater
2004 – Afrikaans Onbeperk Kanna vir Lewensbydrae
2004 – LitNet se Mont du Toit Kelder-wyngedigtekompetisie
2006 – Gustav Preller-prys vir Literatuurwetenskap

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

jjels ·

n Seder het geval…..Dankie vir die vreugde wat jou skryfwerk my besorg het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.