Hennie Smit steeds siek maar stabiel

Hennie Smit. Foto: Facebook

Hennie Smit. Foto: Facebook

Die akteur Hennie Smit is steeds ernstig siek en word by die Wilgers-hospitaal in Pretoria se hoësorgeenheid onder verdowing gehou.

Smit, wat onder andere bekend is vir sy rol as Bertie in Egoli en Dêda in Lefra Produksies se My Boetie se Sussie se ou, is drie weke gelede in die hospitaal opgeneem vir dubbele longontsteking, asma en ʼn fraktuur aan sy ribbes wat hy opgedoen het weens erge hoesery.

Frans Swart, ʼn vriend van Smit en uitvoerende hoof van Lefra Produksies, het Woensdag gesê Smit se spesialiste hou hom onder verdowing omdat dit tans die beste behandeling is. “Hy is nog maar siek, maar stabiel,” het Swart gesê. “Ons almal moet steeds ernstig bid vir hom en glo dat hy volkome sal herstel. Daar word ongelukkig geen besoekers toegelaat nie, wat ʼn mens heeltemal kan verstaan.”

Lees ook:
Hennie Smit ernstig siek in hospitaal

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.