Herrie oor f-woord in parlement

Die parlementsgebou in Kaapstad Foto: World Elections

Die parlementsgebou in Kaapstad Foto: World Elections

Thoko Didiza, voorsitter van die Nasionale Vergadering, het onderneem om ʼn beweerde dreigement van geweld en vloekery deur die adjunkminister van handel en nywerheid te ondersoek tydens ʼn debat in die parlement oor pres. Jacob Zuma se begrotingstoespraak.

John Steenhuisen, hoofsweep van die DA, het Didiza op adjunkminister Mzwandile Masina se beweerde uitlatings gewys, en gesê hy het die woorde, “Ek sal jou opf**”, met sy mond gevorm vir DA-LP Geordin Hill-Lewis.

Didiza het gesê sy het nie gehoor hoe Masina dit sê nie en kan nie dadelik ʼn uitspraak lewer nie. “Dit is baie ernstige bewerings,” het sy gesê. “Ek sal ondersoek instel.”

Masina, sameroeper van die ANC-jeugliga, het in 2013 glo tydens ʼn perskonferensie gesê, “Dit is tyd dat hy wegf** [f*** off]”, met verwysing na Irvin Jim, algemene sekretaris van die National Union of Metalworkers of South Africa. Die ANC-jeugliga het later verduidelik hy het bedoel “fork off”.

Die ANC-jeugliga het verlede jaar probeer om homself van ʼn plasing deur Masina op die sosialemedia-platform Instagram te distansieer nadat hy ʼn foto opgelaai het waarin hy die voormalige adjunkminister van gesondheid, Nozizwe Madlala-Routledge, ʼn “hoer” genoem het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

jakes ·

Uitgesproke jeugdige, ne’ ! Ek kan self aan ‘n paar dinge dink om van die agbares toe te snou en te noem.

THEA SWART ·

ek sit tans in presies dieselfde posisie maar hulle kan maar ons Here se naam gebruik soos hulle goed dink en “o God” of “Jesus” gebruik wanneer hulle ontevrede is met iets en ek mag niks se nie – want daar is vir my gese dat ek mos nie kerk toe gaan nie so waarom pla dit my?

Winston ·

Dis presies die rede waarom ons op hierdie pad in SA is. Geen vrees vir God en sy woord nie. Bid vir hulle want wanneer Hy sy toorn laat ontvlam sal dit vir die mens nie mooi wees nie. En dit kom.

chris ·

Thea.
Ja jy vat dit so raak .Volgens my is dit al vloekwoorde wat bestaan dws die ydele gebruik van Gods naam.

Ariana ·

Ek is ook teen vloek en kragwoorde gebruik maar net n punt, God, Here ens. is titels nie name nie, so dis nie ydelike gebruik van God se naam nie. God se naam is Jehovah, sy seun se naam is Jesus.

Peet Schabort ·

Die foto van die parlementsgebou lyk nogal heel mooi. Skynbaar nog nie opgefork nie. Kan nie dieselfde sê van munisipale geboue reg deur die land wat lyk soos ‘n hond se agterpoot.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.