Honde met gholfstok gedood; man kry borg

Leané Wolmarans se drie honde, Bakkies, Zakkie en Habana. Foto: Verskaf

Leané Wolmarans se drie honde. Foto: Verskaf

Die man wat na bewering sy bure se drie honde met ’n gholfstok doodgeslaan het, het Dinsdagoggend in die Hatfield-landdroshof in Pretoria verskyn.

Johan van Zyl het op aanklag van dieremishandeling in die hof verskyn en is op borgtog van R2 000 vrygelaat. Die saak is tot 19 Mei uitgestel. Van Zyl het sy baadjie oor sy kop getrek toe hy die hof verlaat het. Hy word daarvan beskuldig dat hy sy bure, Neels en Leané Wolmarans, se drie honde Saterdagaand met ʼn gholfstok in die Pebble Sands-kompleks in Mooikloofrif doodgeslaan het.

Leon van der Merwe, ʼn prokureur van Roestoff en Kruse prokureurs wat die Wolmaranse verteenwoordig, het aan Maroela Media gesê ʼn skadevergoedingeis gaan ook teen Van Zyl ingestel word.

Tom Robbertse, Leané se pa, het gesê sy dogter en haar man was weg vir die naweek. Hul bure het Leané Saterdagaand ge-SMS en gesê haar honde tjank erg. Sy het egter eers Sondagoggend die SMS ontvang toe haar selfoon weer opvangs gehad het.

Leané het met hul terugkeer bloed en breinweefsel op hul erf aangetref. Die polisie en DBV is ontbied om die toneel te ondersoek. Toe Van Zyl omstreeks 12:00 terugkeer nadat hy gaan gholf speel het, het die polisie hom ondervra. “Hy het eers alles ontken en was sommer arrogant met die polisie, maar toe vra hulle hom om sy motorhuis oop te maak,” het Robbertse vertel. “Binne die motorhuis kon jy die bloed sien waar hy een van die honde doodgeslaan het. Hy het dit probeer skoonmaak, maar dit was steeds sigbaar.”

Volgens Robbertse het Van Zyl erken dat hy twee van die honde in die erf en die ander een in sy motorhuis met ʼn gholfstok doodgeslaan het. Hy het die polisie na ʼn nabygeleë veld geneem waar hy die honde se karkasse in ʼn swart sak weggegooi het. Die karkasse is deur die polisie weggeneem vir forensiese toetse. Die honde was twee miniatuurwindhonde en ʼn Jack Russel.

“Leané woon al ongeveer tien jaar met haar honde in die kompleks. Hulle was vredeliewende hondjies wat nie kwaai was nie; hulle was soos haar kinders,” het Robbertse gesê. Hy het verder gesê dat Van Zyl gereeld die honde getart en met water natgespuit het en dat hulle dus soms vir hom geblaf het as hulle hom gesien het.

“In die tien jaar wat Leané daar woon, het hy [Van Zyl] nooit ʼn amptelike klag by die kompleks se beheerliggaam oor die honde ingedien nie,” het Robbertse gesê. “Wat gaan in so ’n ou se kop aan om so iets te doen? Hy het geen berou vir wat hy gedoen het nie. So wat doen hy volgende?”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

jacques ·

Jy is reg Charlene volgende keer is dit padwoede dan slaan hy iemand meskien dood.Dis die stres wat die lewe op ons sit vandag alles draai nou net om geld.

Gina ·

Dis nou BURE. Daar kom n dag dat jou kop net uithaak oor die bure se honde moles. En dit is die resultate. En nou is die bure met die diere heel onskuldig,,,,, Mev ek ken Jack Russels hoor. En dan heel naweek weg ma jou honde by die huis? Nou wil jul huil. Die buurman het kop verloor ja, met rede. In plaas dat hy koelkop bly gaan vermoor hy die arme diere? Dit was verkeerd maar hoekom jou diere by die huis los vir n hele naweek. Ek dink nie jy moet weer n hond kry nie. Jy verdien nie diere nie man. Sies man

Groot Diereliefhebber ·

Gina, ek het het 2 jack russels myself en my twee hondjies blaf nie vir enige iets nie. As hulle blaf dan is daar definitief iets aan die gang of iemand voor ons hek. Jy het nie al die feite nie, so moet asseblief nie “comment” op iets waarvan jy nie weet nie.
Daar was 3 x keer per dag na die huis gegaan om aandag aan die hondjies te gee en was slegs snags alleen gelos. Ons gaan baie oor naweke weg en los my hondjies by die huis waar daar ook deur die dag, deur iemand anders omgesien word en my bure het nog nooit gekla of iets probeer doen het aan hulle nie, in teen deel, waardeur hulle my jack russels, want so waarsku hulle, my bure ook wanneer daar iets nie reg is nie, en so by the way, nerens in die artikel staan dat die hondjies die hele naweek alleen gelaat was nie!

Die man is duidelik tot baie erge goed instaat, hy behoort agter tralies!

Christanam ·

Gina hoe kan jy so sit en hulle veroordeel. Wat gaan met jou aan. Lees weer die artikel, die man het die honde geterg en hulle natgespuit so hulle het vir hom geblaf. Dit gee nie enige iemand die reg om diere dood te slaan nie. ‘n klapper of twee sou hulle gou stil gemaak het as hulle geblaf het en hoekom hy aleen huh? daar woon ook ander mense en NIEMAND het gekla nie ook nie hy nie, so wat se dit vir jou, hy het dit met opset gedoen en as jy dit aan ‘n dier kan doen sal jy dit ook later aan mense begin doen.

Anita ·

@Gina: Dis mense soos jy wat ek nie as bure wil hê nie! NIKS regverdig die man se moordlustige optrede nie.

Ek gaan ook weg vir naweke, maar ek sorg dat dat iemand ‘n ogie hou, maak dit my ‘n slegte eienaar?!

Ek hoop wragtig nie jy het kinders of diere, om “kop te verloor” beteken jy dra nie die vrug van die Gees nl selfbeheersing.

Reane Vermaas ·

Ek ken vir Leane Wolmarans en ek ken haar honde. En ons ken ook Jack Russels. Daar is absoluut niks fout daarmee om jou honde by die huis te los as jy weggaan nie. Leane en Neels het gesorg dat haar ma ‘n oog hou en seker maak dat die honde orraait is en kos en water het. Maak dit van hul slegte eienaars wat nie diere verdien nie?! Dis mense soos jy wat nie diere verdien nie. Is dit nou hulle skuld dat ‘n siek man dit gedoen het?! Wat hy gedoen het is nie kop verloor nie, dit is siek en barbaars en daar is duidelik baie meer fout met hom as net “kop verloor”. Lyk my jy het glad nie die berig gelees nie. Die man het die honde getart en natgespuit, natuurlik gaan hul vir hom blaf! En nie hy of enige ander mense in die kompleks het ooit gekla oor haar honde wat blaf nie. So hou liefs jou ongewensde, onkundige, en ongeskikte kommentaar vir jouself!

Albert ·

Gina,
Indien dit so is dat die honde hom al voorheen tempteer het waarom het hy nie al lankal ‘n klag by die kompleks bestuurder ingedien nie.
Lees die berig ! – en buitendien bel jy die DBV of Polisie of wie ookal voordat jy sulke barbaarsheid op die honde uithaal.

Nina ·

Sterkte met die DBV en Polisie. :) Blykbaar val bykans niks binne enige een van hulle se jurisdiksie.

Lea ·

Gina, regtig? Jy is seker nie ‘n hondeliefhebber nie.
Ons het ook ‘n Jack Russelltjie – die dierbaarste dingetjie denkbaar. Geen mens met meer as drie breinselle slaan klein hondjies met ‘n gholfstok dood nie. Ek moet liewer nie die bure in die hande kry wat ooit so iets met my hondjie doen nie. En terloops, daar was na die honde omgesien. As die honde hom gepla het, kon hy ‘n klagte ingedien het, wat hy nie gedoen het nie.

Gerald van der merwe ·

AS DIT MY HONDE WAS HET EK OOK MY KOP VERLOOR. DOGS ARE A GIFT FROM GOD
MASTER THERE IS YOUR DOG, DOG THERE IS YOU MASTER. YOU WILL BE ONE.
THE BASTARD SAVAGELY MURDERED WHAT WAS DEAR TO LEANA > HER ANIMAL CHILDREN

Liz ·

Barbaars!!, wetter, onmenslik – so kan ek aangaan.Mag jou arm so erg pyn elke keer dat jy ‘n golfstok optel, want dit moet jou herinner aan jou gewetenlose daad. Ek hoop hy kry gemeenskapsdiens by die DBV

andre ·

Ag asseblief, niemand weet wat die ware toedrag van sake was ten tyde van die voorval behalwe die beskuldige self. Glo my,ek is nie ‘n gedrog of dies meer, maar het self in ‘n kompleks gewoon waar die onophoudende gekef jou teen die mure uitdryf. Never mind ‘n golfstok, ek wou daai goed se gorrels met my kaal hande uitruk. Miskien is dit die verskil-ek het nie.

Groot Diereliefhebber ·

Andre, dan gaan le jy ‘n klag by die kompleks bestuur, jy doen nie so wrede ding nie!!! Sies man!!

Elfie ·

Groot Diereliefhebber – Andre HET dit mos nou nie gedoen nie. Ek wens mense wil besef hoe ‘n absolute iritasie hul troeteldiere vir ande mense, selfs diereliefhebbers kan wees. Leer jou diere reg, voed hulle op en sorg dat daar iemand is by hulle as jy weggaan. Hulle verstaan nie wat aangaan en sal jou soek en dan tjank en ander vergal. Mens noem dit eintlik net RESPEK. Respek vir jou medemens deur ander in ag te neem – dit kan baie aaklighede voorkom.

Nina ·

Jy is verkeerd oor alle honde wat blaf. Dis seker maar waar die verskil lê tussen mense wat hul honde behoorlik laat oplei, of dan nie.

Riaan Slabbert ·

Al jul diereliefhebbers is baie grootbek. Ek is self lief vir diere en het n Foxie en twee Border kollies. Maar glo my, ek het al baie gevoel om my bure se keffertjies te vergiftig of iets. Die blerrie goed blaf van die more tot die aand. My bejaarde vader, wat by my woon, het self al amper in n hondehater verander a.g.v. die bure se lawaaiertjies. En die bure KAN niks daaraan doen nie….so wat nou?

Nina ·

10 uit 10 vir jou kommentaar! Nuwe intrekkers reg oorkant ons het ‘n basset x wat 24/7 blaf. Ek het die Metro en DBV nou al meer as 5 keer gekontak. Geen sukses. Hy blaf en klink soos ‘n rob, dan begin die gehuil soos ‘n Husky. Mens is permanent in ‘n bui agv die hond. Kopseer, te min slaap ens.

Dit dryf mens gek en ek het self al lus gevoel om die hond se strot te gaan toedruk! Feit is, dis nie die hond se skuld nie, maar die sleg eienaars!

Ja, ek is self ‘n honde eienaar! Verskil is, my hond kry aandag, word klas toe gevat vir opleiding, kry speeltyd met ander honde oor naweke, word mee gestap, en kry TONNE liefde.

Reane Vermaas ·

Sleg eienaars? Lees die berig voor jy kommentaar lewer. Dit het absoluut niks met sleg eienaars te doen nie. Hoe kan enige iemand ‘n hond leer om op te hou blaf? Dis ‘n natuurlike instink, so moenie vir my se jy leer sommer net ‘n hond om op the hou blaf nie. Ek het ook ‘n hond wat blaf as sy ‘n kat of ‘n voël op ons muur sien sit. Maak dit van my ‘n slegte eienaar omdat my hond blaf? Daai siek man het haar honde getart en natgespuit, natuurlik gaan hulle vir hom blaf! Ek ken vir Leane en haar honde kry ook aandag en tonne liefde. Verskil is, nie alle mense het geld of tyd om hul honde te vat vir opleiding nie, so lei jy self jou eie honde op en dan praat ons weer. Leane werk vir ‘n lewe dus is sy nie heeldag by die huis om te sorg dat haar honde nie blaf nie. So wil jy vir my se enige mens wat werk en nie in die dag by huis is om te keer that hul honde nie blaf nie, mag nie honde he nie? En as jy 24/7 by die huis is om te hoor hoe jou bure se basset x blaf, is dit jou eie probleem. Normaalweg werk ‘n mens en jy is nie in die dag by die huis nie, dus hoort die geblaf niemand te pla nie. En geen dier, selfs ‘n blaffende hond, verdien om met ‘n golfstok dood geslaan te word nie! As jy niks mooi het om te se van iemand, wie jy nie ken nie, wie se drie honde soos haar eie kinders was en haar ‘n slegte eienaar te noem nie, bly liewers stil.

Debbie ·

ek hoop die barbaar kry ‘n vreeslike swaar straf … ek hoop sy gewete pla hom vir die res van sy lewe…. en mense wat weggaan en diere alleen tuis los… moet liefs nie diere aanhou nie….. dit kan ongelooflik irreterend raak !!!

Andries Erwee ·

ek is self baie bemmerd oor of my dhonde die bure pla as ons nie tuis is nie. Die vrou het n verantwoordelikheid om haar bure gereeld te vra of haar honde ok is as sy nie daar is nie. Honde kan mens gek maak. Die vent is egter n gevaar vir ander en homself. Sy aggresie is nie onder beheer nie. Hy weet hy doe verkeerd daarom probeer hy sy spore uitwis. Hy kan baie gelukkig wees want as dit nie nou gebeur het nie kon hy later n mens dood gemaak het.

Andries Erwee ·

Sorry vir spelling. Kon nie op klein skerm sien nie

Andries Erwee ·

Sorry vir spelling. Kon nie op klein skerm sien nie

Francois ·

My honde het ook so geblaf terwyl hulle by my aanbouings gedoen het. Ek het hulle egter in ‘n afgespande area gehad deur die dag, maar die bouers het hulle geterg. Toe dreig my buurman om hulle te skiet. Ek bel toe polisie en se as hy kan drieg om honde te skiet, wanneer skiet hy my of my familie. Toe kom die polisie uit en NIKS word gevra oor die sogenaamde vuurwapen of lisensie daarvoor nie. En so is die buurman nog steeds ‘n etter van ‘n man!

Peet Schabort ·

Hier is 21 kommentare en by die ou op Secunda wat mense doodslaan is 2 kommentare.
Andries Erwee, ek stem saam met jou.
Nou is daar 22 kommentare. Laat mens dink.

Mickey ·

Aan hierdie vieslike verskonig vir ‘n mens het ek een vraag…..as jou bure se kind huil, gaan jy hulle KIND gaan doodslaan???!!! Net soos dit nie die kind se skuld is dat hy huil nie, en dit ‘n natuurlike instink is as hy iets benodig of iets is fout, is diT NIE ‘n hond se skuld as hy blaf of huil nie! Dit is ‘n natuurlike ding vir ‘n hond om te doen en hoe hy kommunikeer as iets fout is of hy iets nodig het. ‘n Dier kan nie verstaan wat hy doen irrieer jou nie, net ‘n MENS kan!! My maggies man, gaan vat die eienaars aan as ‘n dier jou pla, nie die dier nie!!! Ons as mense het ‘n hond wat eeue terug ‘n wilde dier was, uit sy natuur geneem en besluit om hom ‘n “domestic animal” te maak. Dus kan hulle nie na hulself omsien nie, jy as mens wat hulle inkamp in jou erf, is verantwoordelik om hulle te leer, te voed, te beskerm, warm te hou en ja, omdat hulle oor die jare meer domesticated geword het omdat hulle in huise groot word in plaas van in die natuur, moet jy vir hulle liefde ook gee! Om ‘n troeteldier te kry, is NET soos om ‘n kind te kry, en jou verantwoordelikhede teenoor hulle as “afhanklikes” is presies dieselfde!

Die mensdom kan baie by honde leer oor hoe Christus lyk. Ek sien inteendeel meer van Christus in honde as in meeste mense. Hulle gee die suiwerste vorm van onvoowaardelike liefde wat ek al ooit tee gekom het. Hulle is gister, vandag en more altyd dieselfde. En al wat hulle voor leef is om vir jou net liefde te gee en om jou liefde en aandag te ontvang. Is dit nie presies hoe Christus ook is nie?

Mens(dom), as jy ‘n probleem het met ‘n dier, praat met die eienaar. Die dier doen net volgens hoe hy gemaak is. En as jy ‘n probleem het met hoe hy gemaak is, vat dit op met sy MAKER, Die lewende God wat ALLES gemaak het!!! ‪#‎Disgusted‬

Helena ·

Ag asseblief!!! Jy dink maar min van jou kind as jy hom met n hond vergelyk. Dis rerig belaglik. Honde is nie mense nie en hou op om aan honde menslike eienskappe toe te skryf. Jy het nie die vaagste benul waarvan jy praat nie. n Hond is n dier, hy sal altyd n dier bly. Hy lek sy eie braaksel op…..hy vang n skaap en begin hom vreet terwyl hy nog lewe!! Buitendien…gaan jy jou kind naweke alleen by die huis laat? Jy het perspektief verloor as jy ooit gehad het.

Diereliefhebber ·

Ons het aaaaklige bure wta niemand in ag neem nie. Hulle het 2 great danes en nog alsations ook. As ons deur net oopgaan begin hulle al histerites blaf. En dan si thulle reg by ons een hek en blaf,blaf,blaf sinneloos en aanhoudend. Maar ek sal hulle nooit leed aandoen nie, ek sal dit nie regkry nie, want ek het self honde, katte en voëltjies. Het al mooi gepraat en kwaai gepraat maar buurman (oftewel sy vrou wat eintlik die ou vark in die verhaal blyk te wees) doen niks. Mense moet maar net altyd ander in ag neem; gaan jy weg, sorg dat iemand by die diertjies kom “kuier” en beitjei gesels en so of stuur hul na ‘n “kennel”. As mens altyd lewe deur ander in ag te neem sal dit nooit nodig wees vir wette en reëls nie, maar ongelukkig is party mense net dwars. En ek sê glad nie dis die geval hier nie maar dalk het die dierekinders hulle base baie gemis en dan getjank en geblaf – dis wat gebeur. Moenie dat jou diere ‘n ergenis vir ander wees nie en die tipe ding sal dalk nie gebeur nie.

Diereliefhebber ·

Annelize – dis nou onnodig om iemand so-iets toe te wens. Dan is jy eintlik net soos hy.

TANIA ·

Hierdie pragtige honde het dit nie verdien het,dis verskriklik,wat moes hulle nie deur gemaak het nie.Diere soek ook aandag,en probeer op alle maniere mense se aandag trek.Jou diere
verlang baie na jou as eienaar wanneer jy hulle alleen los en hulle ‘huil” ook maar. Was hulle gereeld vir uitstappies geneem,of saam met hulle bal gespeel? Hoe groot was die erf waar hulle gebly het? Dalk was die honde al so gefrusteerd om ingehok te wees-as hulle seker so tjank,dan is iets fout.Dis asof hulle se- “kan ons asb bietjie ook uitgaan en gaan stap daar buite,ons wil so graag bietjie speel” .Mens moet altyd baie aandag en liefde aan
jou wonderlike diere gee,hulle gee jou onvoorwaardelike liefde.Hulle het VREESLIK
na jou verlang toe jy nie dar was nie-my hart gaan uit na jou,omdat dit met jou “liefies”
gebeur het.Hy sal moet rekenskap gee eendag,wat hy gedoen het by God,al word hy nie
hier op aarde gestraf nie.Jou diere was te pragtig vir woorde hoor,dis nie jou skuld nie,hulle het jou baie lief gehad en jou ongelooflik gemis toe jy nie daar is nie. Ons as mense moet
na die “tekens” luister en kyk wat se hulle eintlik. Die persoon wat hierdie daad gepleeg het,dra geensins liedfde in sy hart vir diere nie,want sou jy,kon jy nie hierdie tipe daad gepleeg het nie.

Lief vir diere ·

Daar is niks so erg soos n hond wat deur die nag vir sy eie skadewee blaf nie . Die ergste jy kan niks daaraan doen nie. Ek het na n maande lange gesprek met die eienaar, SAP, SPCA en munisipalitiet op geeindig met regs koste van R10,000 plus en n beskermings bevel teen my. Die hondjie blaf steeds en ek moet daarmee saam leef of trek…. My eie diere is liefdevol, gehoorsaam en kry genoeg aandag en is geen probleem vir enige iemand nie !!! Dalk is n golfstok tog n oplossing, jy moet net beter beplan…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.