Huweliksklokkies lui vir Julius Malema

Julius Malema (SAPA stringer)

Julius Malema (SAPA stringer)

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) trou komende naweek in Seshego, Limpopo.

Malema het aan Eyewitness News gesê dit is ʼn privaat troue en indien iemand nie ʼn uitnodiging ontvang het nie, moet hulle nie opdaag nie.

Hy trou met Mantwa Matlala, ʼn rekenmeester. Volgens Malema is sy en haar gesin baie gesteld op hul privaatheid.

Die troue sal ʼn tradisionele seremonie wees.

Volgens ‘n berig in The Star is Matlala nie die ma van Malema se agtjarige seun, Ratanang, nie.

Mantwa Matlala Foto: IOL

Mantwa Matlala Foto: IOL

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Larry ·

This will be his only wife, correct or wrong? And how long will it last.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.