“Die kragnetwerk is stabiel en ons beplan nie om beurtkrag toe te pas nie. Indien ons wel beurtkrag moet toepas sal dit weens opwekkingsprobleme by kragstasies wees,” het Khulu Phasiwe, woordvoerder van Eskom, Saterdag gesê.
“Die instandhoudingsfees by ons stasies het Vrydag begin en sal tot 1 Mei voortduur. Ons doen ʼn beroep op mense om elektrisiteit spaarsamig te gebruik.” Volgens Phasiwe is ingenieurs besig met grootskaalse instandhouding om gereed te maak vir die winter.
Brian Molefe, Eskom se waarnemende uitvoerende hoof, het vroeër die week aan parlementslede gesê Eskom sal teen die einde van die jaar ʼn bykomende 3 000MW moet kry. Eskom spook om die ligte aan te hou weens een van sy steenkoolbergingsilo’s wat ineengestort het, dieseltekorte en instandhoudingsprobleme.
Eskom ASB weet julle dat dood het ook n oorsaak. Julle pogings om die nie “Electrical Minded ” publiek te bluf werk nie op mense wat jare lank tot self by Eskom gewerk het nie.Wat is volgende wanneer kry die nat kole weer n beurt of kom met n nuwe problematiese ontdekking wat uitgedink is oor n ontbyt vergadering dit werk elke keer.