Jannie Moolman haal self asem en reageer goed op behandeling.
“Die asemhalingsmasjien wat Moolman help asemhaal het, is Maandag ontkoppel, en hy het self gemaklik begin asemhaal,” het Barnard Beukman, Moolman se woordvoerder, gesê. “Dis ‘n belangrike stap op sy herstelpad. Medikasie waarmee hy in ‘n kunsmatige koma gehou is, is ook reeds gestaak.”
Volgens Beukman het Moolman Dinsdagoggend nog die meeste van die tyd geslaap. Hy sal na verwagting nou geleidelik sy bewussyn begin herwin. Hy ontvang steeds behandeling in die Millpark-hospitaal se trauma-eenheid.
Sy gesin en vriende het hul dankbaarheid uitgespreek vir die talle beterskapswense wat hulle via sosiale media en deur ander kanale ontvang.
Moolman is op 5 April tydens ʼn ramparty by ʼn restaurant in Hartbeespoort beseer. Inligting oor die voorval is nog skraps.
Lees ook:
“Onwaarhede” oor Jannie Moolman versprei
Jannie Moolman se derde operasie ‘n sukses
Jannie Moolman ondergaan gesigoperasie
Jannie Moolman weer geopereer
Video: Jannie Moolman steeds in koma
Jannie Moolman kritiek ná val
Dis goeie nuus. Steeds, baie sterkte vir beterskap en algehele herstel.
Ons Beste wense en Beterskap vir Jannie met Jesus Liefde.
Ons dink aan en bid vir jou Jannie. Alles van die beste.