Julius Malema se woede ‘is geregverdig’

Zelda la Grange. Foto: Twitter

Zelda la Grange. Foto: Twitter

Die woede wat deur Julius Malema, leier van die EFF, vertoon word is geregverdig, het Nelson Mandela se voormalige private sekretaresse Zelda la Grange Woensdag gesê.

La Grange het gesê dié soort woede behoort egter in toom gehou te word deur respek wanneer daar met opponente gedebatteer word. Sy het die uitlatings gemaak by die Kaapse Persklub vir die bemarking van haar boek Goeiemôre, mnr. Mandela.

“Ek sê nie Julius se woede is nie geregverdig nie – dit is. Ek sal egter graag wil sien dat mense meer respek vir mekaar toon.” La Grange het gesê dit is ʼn les wat sy by oudpresident Mandela geleer het, en het verwys na gesprekke tussen Mandela en FW de Klerk.

“Ek het gesien hoe daardie twee mans debatteer. Ek het gesien hoe hulle baie kwaad word vir mekaar, maar nooit op ʼn disrespekvolle wyse nie. Daar was nooit ʼn punt waar die een vir die ander gesê het ‘jy is niks’ of waar die een vir die ander een middelvinger gewys het nie.” La Grange het gesê dié tipe gedrag is onaanvaarbaar.

“Dit is nie nodig om so vyandig te wees nie. Dit is wat my tans oor die samelewing bekommer. Julius het rede om kwaad te wees, hy het, en ‘n paar van die dinge wat hy sê stem ek eintlik mee saam, maar … ek kan my nie vereenselwig met enige vorm van disrespek wat mense teenoor mekaar toon nie.”

La Grange het ook ʼn stekie na president Jacob Zuma ingekry sonder om hom by naam te noem. Sy het verwys na Mandela wat in 1997 ʼn kommissie van ondersoek ingestel het na bewerings van rassisme in sport. Dr. Louis Luyt het destyds vir Mandela uitgedaag om voor die kommissie te verskyn. “Madiba het daarop aangedring om hof toe te gaan en homself te verdedig, nie soos ander mense nie,” het La Grange onder luide toejuiging gesê. “Ek het niks gesê nie … dis in julle eie gedagtes,” het La Grange vinnig bygevoeg.

Op ʼn vraag aan La Grange oor of Suid-Afrika die pad byster geraak het en hoe om weer op die regte pad te kom, het sy gesê: “Dit is makliker om ander mense te verander as wat dit is om onsself te verander. Ons moet ons eie gedrag verander as ons Nelson Mandela se nalatenskap lewendig wil hou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Kobus ·

Maar natuurlik is dit geregverdig. Ek sal ook vir myself kwaad wees as ek soos Julius ‘n klomp jaar gelede vir Zuma aan die bewind help stel het. Wel dan sal ek ook soos Julius vir Zuma en myself kwaad wees, nou dat die lig opgegaan het.

Maar om sy woede op die publiek in openbare plekke uit te haal, is nie geregverdig nie.

Esther Coetzee ·

En ek sê vir Zelda – ‘skoenmaker hou jou jou by jou lees’ Wat maak jou skielik so ‘n deskundige om kort-kort ‘n eiertjie te lê. Of kry jy nou te min aandag sedert Mandela se dood. Weet nie hoekom dink jy en sekere mediamense dat jy ‘n kundige politieke kommentator is nie, veral in ‘n situasie wat nie by julle sieklike politieke korrektheid pas nie.Witmense het ook die reg om heeltyd woedend te wees – oor die gemors in die land en miljarde wat gesteel word

Francois ·

Sy woede is geregverdig…great! Hoekom is myne dan nie ook nie!????

PR Mackay ·

Wel ,dit laat jou vinniger stryk my kind . natuurlik as sy ooit strykwerk doen

SNEL ·

Ja-nee, dis nou n duidelike voorbeeld van hoe die blanke volk saamstaan. Hoe red jy n volk met sulke hensoppers?

Dereck Le Roux ·

Zelda La Grange moet wakker skrik met ‘n bang, sy is nie meer relevant nie want sy werk nie meer vir Mandela nie, selfs die ANC wou haar nie eers op sy begrafnis gehad het nie en sy moes amper ‘n hofbevel gekry het om haar toegelaat te kry op sy begrafnis, as Malema rede het om kwaad te wees, dan het ons nog meer want as sy haar ogies oopmaak sal sy sien hoe diskriminasie omgekeer is en die witmense is nou die onderdruktes.

Charl ·

So diskriminasie was eers na die ander kant toe? En dis hoekom ou Julius so woedend is? En nou is die witmense die onderdruktes en hulle is ook woedend? En dis aanvaarbaar vir Julius on woedend te weeks oor onderdrukking maar nie vir witmense nie? Of is dit nou andersom? Of dis meer geregverdig vir witmense om woedend te wees want diskriminasie is nou omgekeer? En omgekeerde diskriminasie is erger en diegene wat omgekeerde diskriminasie ervaar is meer geregtig op woede as diegene wat net gewone diskriminasie ervaar? Of is ek nou dom? En omdat Zelda die woede erken as geregverdig is sy aan die slaap? En iemand is nie meer relevant as hulle van werk verander het nie – Allles wat hulle geleer het is dan tot niet verklaar? En die feit dat die ANC haar nie op die begrafnis wou he nie maak haar opinie ongeldig?

Ag mense, ek weet nie

David ·

Zelda, besef jy dat jy met so stelling vir Julius aanhits en so ook sy volgelinge – hou in rekening dat die meerderheid van hulle (EFF ondersteuners) ongeletterd is en te maklik ge-indoktrineer word? As Julius Malema “rede” het om kwaad te wees, het elke gesofistikeerde Afrikaner ook die reg om kwaad te wees vir wat tans in SA aan die gang is. Lees jy elke dag die koerant? Doen jouself die guns en kyk elke dag net na die Hoof opskrifte …

Martha ·

Miskien hoop sy om Malema se p.a. te word.Dit hoekom sy sulke nonsies praat.Ek wondercas van haar mense so gruwelik vermoor word of sy nog so jngekruip sal wees.

Jasper ·

So staan elke hoendertjie op sy eie mishoop en kraai net om indruk te maak. Seker ook lid van Kopdoekbrigade.

Viv ·

Vir almal wat so beledigend is teenoorZelda la Grange, daar is min verskil tussen julle gedrag en die van Julius Malema. Eerstens het sy, soos enige ander person, n reg op n opine. As julle nie met haar opine saamstem nie, kan julle julle opinies uitspreek sonder om beledigend te wees. Tweedens is sy iemand wat baie meer ervaar het as meeste van ons, wat samesprekings tussen wereldleiers bygewoon het en self ervaar het wat die verskil is tussen effektiewe kommunikasie en swak gedrag. Derdens is woede, soos angs of vreugde, n emosie. Emosies is nie reg of verkeerd nie, slegs n individuele reaksie op gebeure of ervarings. Agressiewe gedrag, aan die ander kant, is n persoonlike keuse en oor die algemeen, die kenmerk van iemand met laag ontwikkelde lewenspeil. Beledigings, soos aggressie, is ook n laer ontwikkelde strategie.
Debatteer die onderwerp, mense, nie die man nie. Een van die grootste probleme van die Afrikaner – kan nie verskillende opinies in die geledere toelaat nie.

Kobus ·

Ek stem saam, plaas dat die mense hulle by hul vakgebied bepaal. Dit is vir my ook interessant dat mense nou eksperte is op die gebied om oor die kwaadheid van swart mense kommentaar te lewer, ook in hul promosies. Dit laat my dink aan die Dookoom geval. Almal lyk my wil nou in wees en moet ‘n eiertjie te lê hê as jy gehoor en gesien wil word.

zahn ·

Maroela, hoekom is my kommentaar afgehaal? As julle Viv se kommentaar kon toelaat, kon julle myne ook. Onregverdig.

Leeutjie ·

Viv, baie sinvolle opmerking. As ek ‘n boek koop dan koop ek ‘n goeie boek om te lees en nie ‘n slapband nie. Ek vergelyk my sin met wat op die forum bespreek word. Ek lees goeie sinvolle opmerkings. Afbrekings en swak taal tel ek nie meer op nie want dit maak nie sin nie en is afbrekend.

chanel ·

Viv, so jy wil eintlik heirdeur se dat Malema ‘n lae ontwikkelde lewenspeil het? wel dan is hy definitief nie geskik om in die parlement te sit nie…

Viv ·

Chanel, ek stem absoluut saam met jou – ek dink nie dat iemand soos Julius Malema in die parlement hoort nie. Ek dink dit is n absolute aanduiding van n piesangrepubliek as iemand soos Julius n “leiersposisie” beklee. Om die eerlike waarheid te se het dit my laaste bietjie hoop weggeneem dat daar tog nog iets te redde was. Dit beteken nog steeds nie dat Zelda la Grange nie die reg het on n opinie uit te spreek of onnodig beledig en onregverdig as n kommunis uitgeskel behoort te word nie.

Marisa Vosloo ·

Ek het Zelda se boek gelees. Sy kan met gesag praat. Sy het ‘inside info’ soos min.

anne ·

Sy kan maar die ‘inside info’ he, ek glo regtig nie almal stel belang wat sy met gesag’ kan se/vertel nie

Sjert ·

Foeitoggies. Zelda se zefgeit sal altoos in haar make-up sakkie wees.

Klim op jou se mousterbaaik en laat jy jou ry kry my antie. Ons het laaaankal genoeg van jou aandagsoekery gehad.

Sjert ·

Ongelukkig is dit soms nodig dat die taal so vermoor moet word.

Hoe anders gaan jy met jou eerste jaar gorrelkunde, (‘skies sielkunde) en jou zef pel met die mouterbaaik, kan ‘by bly’ my antie???

Viv ·

Nie n groot genoeg Afrikaanse woordeskat om beskaaf te kan redeneer nie, of die punt onder bespreking te kan identifiseer nie? Nie so baie anders as ou julius nie ne – hy maak ook so- skree en beledig en gooi sy poppe uit sy bababed. Soos ou kallie knoetze sou se, red nou n volk…..

Charl ·

Ou Sjert, miskien sal hulle jou laat “kommintaar” wanneer jy kan spel……… :)

Leeutjie ·

Wie is die ons waarvan jy praat neef Sjert? Jy kan nie vir almal op die forum praat nie! As sy op haar motorfiets klim doen sy tenminste goeie werk vir liefdadigheid. Zelda is ook geregtig soos jy om haar insette te lewer… Sy het nie Julius se dade goedgekeur nie want dit gaan vir haar oor disrespek. Om haar, soos jy doen, aan te val is disrespekvol en ja, ek stem saam met Viv. Jou taalgebruik boet!

Sjert ·

Gepaste antwoorde op julle tweetjies se kommintare word nie toegelaat nie.

Leeutjie ·

Korreksie Gert: kommentare maar ek dink vir jou is dit commontare!

Apunamous ·

Well said old chap . Sjert , The Z word purveys so totally the era thou art from . Zeff daardie kant asb . Links

Sjert ·

Charl
Humorsin, begrip, spelling en ‘n jille paar ander voorbeelde, kon die lewe soveel makliker en eenvoudig gemaak.het…helaas!!!
Ons is toe nie almal en te alle tye met die dinge geseënd nie.
:-))

Anoniem ·

Viv verduidelik vermy waarom Malema se optrede regverdig kan word? As sy so ervare is soos
jy beweer sal sy mos weet sy praat ons

Viv ·

PJ, sover ek kan sien se Zelda nie Malema se gedrag is aanvaarbaar nie. Sy se Malema se emosie (woede) is geregverdig. Weet nie hoekom sy so se of waaroor hy so woedend is nie. Stel ook nie in die man se emosie of gemoedstoestand belang nie. Maak my net hartseer as my ou nasie so vreeslik nydig is op mekaar en nie verstaan dat dit normaal is om verskille in opinie te he in plaas van te dink dis volksverraad nie

catryn ·

Mens kan sien Zelda is so gebreinspoel deur Mandela en FW se KOMMUNISME, dat sy haarself glo. Moenie dieselfde verwag nie. Sommige mense van wie daar gepraat word, was hoog op die statusrang van kommunisme. Mandela was ‘n selferkende kommunis, op die HOOGSTE uitvoerende vlak van SAKP en ook ‘n baie sterk Free Mason. Gaan lees bietjie op daaroor wat dit vir ons land beteken, maar sy sal dan dalk die klein bietjie respek vir hulle verloor as sy besef wat regtig aangaan. Haal af die skille van jou ogies wat hulle daar geplak het. Duidelik kan jy nie tussen respek vir die gewone mense, wat sonder kommunisme wil lewe of jou denke oor kommunisme onderskeid maak nie.

Charl ·

Zelda het nie kommentaar gelewer op Malema, Mandela of de Klerk se politiese of filosofiese oortuiginge nie. Sy het niks gese wat mens kan laat glo of dink sy is n voorstaander van kommunisme nie. Sy het gese sy dink Malema se woede is geregverdig, overgesetsynde sy glo hy het dalk rede om kwaad te wees. Sy het ook gese sy het Mandela en de Klerk op beskaafde, respekvolle wyse sien redeneer met mekaar, alhoewl hulle kwaad was vir mekaar. Sy het probeer se dat alhoewel sy Julius se woede aanvaar, sy dink sy gedrag is disrespekvol en afbrekend.
Ai, ek is baie dinge geleer oor kommunisme, Maar niemand het my geleer dat as iemand een van bogenoemde dinge se, is dit aanduidend van n kommunistiese oortuiging nie…..g’n wonder ek sukkel so in die lewe nie – ek sal weer skooltoe moet gaan!
Miskien kan hulle my daar ook breinspoel om kommunisme en disrespek te onderskei.

Rina Pretorius ·

My eerlike opinie is dat iemand met ‘n agresiewe ongenaakbare geaardheid beslis uit politiek moet wegbly want dis die tipe mense wat rassehaat aanblaas en oorlog veroorsaak, ons het beheerde mense met ‘n sterk standpunt sonder agressie en veroordeling nodig om leiding te neem, ons het eerlike opregte mense nodig wat Godvresend is en ons godsdienswaardes bevorder. Ons het iemand nodig wat mense kan rustig hou en mense kan motiveer om te doen wat goed en reg is. Net God alleen kan vir ons so persoon stuur

marietjie ·

tien uit tien Esther Coetzee. sjoe ek is nou eers bly ek het nie haar boek gekoop nie. kan ie glo sy se dit nie, kom op vir Mandela. wil nog iets sie, maar sal liewer maar my mond hou

Sjert ·

Goeie vraag Sophie!!!
Snaaks dat jou opmerking geplaas word.

moegoe ·

Om te debatteer is gesonde mense verhoudings. Met JUJU kan jy nie-hys altyd aggressief,reg met geen morale waardes nie. Zelda jy is deel van die reenboog-moenie jou steur aan die negatiewiteit nie- Madiba het jou die MOOI geleer, IN die BUITELAND is jy i IKOON nes Madibba.

Dedi ·

Daar is baie ou mensies wat hulp nodig het – sy is goed daarmee en behoort haar tot sulke goedhartigheid te bepaal eerder!

Sandra ·

Snaaks dat Juluis Malema rede het om AGGRESIEF kwaad te word, maar as Stefe Hofmeyr
net n regte uitlating in die verkeerde rigting maak, is hy rasisties.

Net ekke ·

Natuurlik sou Mandela en FW vasgesit het tydens hul onderhandelings oor SA !

Mandela was vies omdat FW te lank gevat het om die land net so op `n skinkbord vir hom te gee.

Fw was weer vies omdat hy die skinkbord wou saamgee en Mandela dit nie gevra het nie.

Marisa Vosloo ·

Patetiese kommentare.. niksseggend, en niksbeduidend.

Chris ·

Juliass het onlangs ‘n staatstender gekry waarop hy R14 miljoen belasting moet betaal. Dit laat ‘n inkomste na belasting van ongeveer R35 miljoen. Hy ry luukse motors, dra duur skoene, dra ‘n Breitling horlosie van R250k ens. Hoekom is hy kwaad ? Ek is ook kwaad, waar is my staatstender ?

Awie ·

“Mandela se nalatenskap”-ja, kom ons kyk wat werklik gebeur het sedert ’94 en die 4 jaar na Mandela se vrylating. Geweldsmisdaad het begin drasties toeneem. Motorkapings sedert 1990, plaasmoorde – 2 misdade wat glad nie in die ou SA gebeur het nie. Swart op wit moorde, swart op swart moorde het geeskaleer. Die vrot regering het vanaf 1994 begin, nie na 1999. die situasie vererger net daagliks, dit raak ons almal. Zelda kan nie Mandela verontskuldig en ophemel as ons groot verlosser en vredemaker nie. Hy was wel ‘n humanis, kommunis en het nooit jammer gesê vir die bomme en aanvalle van MK voor en na ’94- dis die feite.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.