Juwelierwinkeleienaar skiet ‘rower’ in Louis Trichardt dood

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Vermeende rower is Vrydag noodlottig gewond nadat hy en vyf medepligtiges probeer het om ʼn juwelierswinkel in Louis Trichardt in Limpopo te beroof.

Kapt. Mampashwa Seabi, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê ses gewapende mans het omstreeks 12:30 die winkel in die dorp se sakesentrum binnegegaan en die eienaar met ʼn vuurwapen aangehou.

“Na verneem word, het die eienaar sy eie ʼn vuurwapen naby hom gehad en daarmee op die verdagtes geskiet. Een van hulle is noodlottig gewond,” het Seabi gesê.

Die ander verdagtes het te voet gevlug en is steeds soek. Die hoofstraat in die sakesentrum was gesluit terwyl die polisie die toneel ondersoek het.

Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot gewapende roof en moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Marius Coertze ·

Polisie ondersoek klag van poging tot roof – dit behoort gewapende roof te wees. Maar klag van moord? Die winkeleienaar het homself en sy eiedom beskerm teen n gewapende roof. Die moordklag teen hom is onnodig en kan eers oorstaan tot die spul kriminele aangekeer is. Maar nie in die nuwe SA nie. Hier werk dinge mos anders.

Piet Snot ·

Nee Marius, hulle is reg; dis soos dit hoort in ‘n staat waar die reg die oppergesag is. Ek & jy en die winkeleienaar kan nie sommer links en regs skiet wie ons wil, selfverdediging pleit en sommer deur Konstabel Abel vrygeskeld word nie. ‘n Mens is gedood. ‘n Hof moet besluit of dit geregverdigde doding was (wat ek glo dit was). Ek & jy het nie die feite nie, ons het ‘n 3dehandse storie gehoor.
As die hof dit behoorlik ondersoek het en bevind het die doding van die mens was geregverdig, dan gaan die winkeleienaar vry uit en almal klop hom op die skouer.
Ek wens hom nie so ‘n hofsaak toe nie. Maar dis hoe dit in ‘n beskaafde staat gedoen word.

Leendert van Oostrum ·

In ‘n beskaafde staat sal die vervolgingsgesag, nie die hof nie, die saak ondersoek.

SLEGS as die vervolgingsgesag meen dat daar prima facie getuienis is dat die dooslag ongeregverdig was behoort dit voor die hof te kom.

In ‘n beskaafde staat behoort burgers nie nodig te hê om hulle te verdedig teen beuselagtige klagtes nie. Self as daar iemand dood is.

Dave ·

Mense soos Marius & kie sukkel om dìt wat jy hier verduidelik te probeer verstaan. Meer waarskynlik probeer hulle nie eens nie. Ek het dit ook telkemale verduidelik en daarna hierdie onsinnige skrywes geignoreer.

CHRISTA ·

Piet, jy praat ‘n klomp snot! Kyk net hoeveel mense wat deesdae beroof word word vermoor!! Lees net die volgende dag se berig oor die 79 jarige tannie wat AANGERAND en VERMOOR is vir ‘n TV en DVD!!! Dink hoe sy haarself sou kon verdedig as sy ‘n wapen gehad en en opgelei was om daarmee te werk!!!

Jean ·

Hi Marius

Dit is net n formaliteit dit word net oopgemaak en dan weer toegemaak niks om oor te bekommer nie

Heinrich ·

Die klag van moord sal by die ander verdagtes se lys van klagte gevoeg word en hulle self kan skuldig bevind word aan die moord van hul makker.

Pietertjie ·

Kom ek raai: die verdagtes gaan nooit opgespoor word nie, en die moordklag-swaard gaan vir jare oor die eienaar se kop hang. Ek wonder of sy vuurwapens by hom afgevat is hangende die ondersoek.

Pietertjie ·

My storie gaan nie oor die Utopia waarvan julle praat nie: dit gaan oor wat ek elke dag sien en ervaar. Hier aan die Suid-punt van Afrika, nie iewers in droomwêreld-klaskamers nie. Ek hoop hierdie kommentare bly lank genoeg toeganklik sodat ons almal kan sien wat die tyd ons leer.

Karien ·

En dit is hoekom Dave so gefrustreerd is; dit is dieselfde antwoord. In ‘n “beskaafde staat” MOET die wapen van die skieter afgevat word tot daar bewys is dat hy onskuldig is.

CHRISTA ·

Ek hoop net dat Dave aan ons kan verduidelik: As dit so ‘n “beskaafde staat” is, hoekom het ons president nodig om verbeterings van R250miljoen aan SY PRIVAAT HUIS te maak vir “veiligheid”?

Dave ·

Christa, dit is dalk die verkeerde plek om dit ter sprake te bring maar miskien ook nie.
En waarom jy besluit het om ‘n antwoord daarop van my te vra is seker maar omdat die woorde ‘beskaafde staat’ ter sprake is.

Die regering probeer om aan die buitewêreld voor te gee dat Suid Afrika steeds beskaafd is.
Maar om nader te beweeg aan ‘n antwoord op jou vraag, sal jy dit moet opdiep uit die woorde van Joseph de Maistre (1 April 1753 – 26 February 1821) wat ‘n Franse wetsgeleerde, diplomaat, skrywer en filosoof was. Hy het gesê: “Toute nation a le gouvernement qu’elle mérite” en dit beteken ‘Elke nasie verdien die regering wat hulle het’.

Marco ·

Dis n vriend van my , hy het bloot sy eiendom en eie lewe beskerm , well done

constance visser ·

Mooi so aan die winkel eienaar! Jy het jou eie lewe en die lewe van jou wrrkers beskerm, al hoewel daar nou onder soeke is, het jy nie statestiek geword nie!

George ·

Mense julle praat van die kant lyn af , die arme man kon geskiet word omdat hy sy werk doen en iets verkoop om n lewe te maak , die polisie kon die roof nie verhoed het nie , dink bietjie hoe sou jy gevoel het as iemand jou by jou werk wou skiet oor jou produk wat jy wou verkoop om n lewe te maak en jou gesin aan die lewe te hou ?
Hy moes al die roowers geklap het en dan n medalje gekry het.

Niel ·

Ek stem… die winkel eienaar het bloot homself en sy eiendom beskerm teen GEWAPENDE rowers wat volgens berigte hom met n VUURWAPEN aangehou het… hy moet n Goue medalje kry vir wat hy gedoen het.. sy lewe was in gevaar en hy het homself beskerm… well done se ek ook!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.