Die Sunday Independent berig die aangeklaagde Aurora-direkteure en -bestuurders word in hul persoonlike hoedanigheid daarvan beskuldig dat hulle twee voormalige Pamodzi-myne wanbestuur het. Aurora is in 2009 deur likwidateurs aangestel om die myne in Springs en Orkney te bestuur.
Aurora word daarvan beskuldig dat hy die Grootvlei-myn en Orkney-myn van miljarde rande se bates gestroop het.
Volgens die Sunday Independent beweer Zuma in sy aansoek dat daar ʼn regsdwaling was en dat likwidateurs in kwader trou besluite geneem het.
Wat n pot gemors wat hy kwytraak, hy was mos in beheer, aartjie na sy vaartjie, tree op, kan mos wegkom met alles, of so dink hulle